FAK hou musiekfees-makietie vir Afrikaans

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die FAK het Vrydag die organisasie se SA Ekspo FAK Musiekfees met kunstenaars soos Francois van Coke en Nádine aangekondig.

Dié fees vind op 19 en 20 Augustus plaas en beloof om ʼn hoogtepunt op die kultuurkalender te wees.

Johan Yssel, feesorganiseerder van SA Ekspo, sê dié fees, wat vanjaar vir die eerste keer aangebied word, is vir elkeen wat lief is vir Afrikaans. “Daar is baie feeste in die land wat Afrikaans ondersteun, maar geeneen kon dit nog regkry om werklik vir Afrikaans ’n tuiste te skep nie.”

Yssel het gesê die fees wil Afrikaners herenig op ʼn vrolike manier. “Feesgangers kan saamsing, dans, kopskud en baljaar in hulle taal. Die Vrydagoggend skop die fees af met plaaslike kunstenaars, en van daar af beweeg ons oor na die eerste egte Afrikaanse rock-vertoning,” het hy bygevoeg.

Kunstenaars soos Francois van Coke, Saarkie en Beeskraal is die Vrydag op die verhoog.

Die fees sluit onder andere af met kunstenaars soos Kurt Darren, Nádine, Jak de Priester, Jakkie Louw, Manie Jackson, Arno Rickus Nel en Liza Bronner.

Die SA Ekspo FAK Musiekfees vind op 19 en 20 Augustus by die Voortrekkermonumentterrein in Pretoria plaas. Ingang beloop R120 per dag, of R200 vir ’n naweekkaartjie.

Bespreek kaartjies op die FAK Musiekfees-webwerf. Besoek ook hul Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

humor ·

Afrikaans maar wat is n rock – vertoning. Kom ons kry in die plek daarvan Klipwerf – boeremusiek. Wie stem????? J a lekker man.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.