FAK vereer Steve Hofmeyr

Steve Hofmeyr

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) gaan Steve Hofmeyr vir sy reusebydrae tot Afrikaanse musiek oor ’n tydperk van 30 jaar vereer.

Hofmeyr gaan in September tydens ’n konsert in Pretoria met die FAK Prestige-toekenning vir besondere kultuurprestasie vereer word. By dié geleentheid sal hy en verskeie ander kunstenaars van sy liedjies sing.

Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, sê Hofmeyr het sedert die laat-1980’s ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika geword met sy rol in die televisiereeks, en latere rolprent, Agter elke man.

“Die FAK is van mening dat ’n kunstenaar se persoonlike standpunte wat deur sommige as omstrede ervaar mag word, geen rede is om nie erkenning te gee en dankie te sê waar dit hom toekom nie. Dit is vanjaar presies 30 jaar sedert Steve in 1989 sy eerste musiekalbum bekendgestel het. Sedertdien het Steve oor drie dekades diep spore in die musiekbedryf getrap met meer as 15 Afrikaanse albums, waarvan vele platinum status bereik het.”

Langner sê die FAK het veral groot waardering vir die erkenning wat Hofmeyr met sy Toeka-CD’s ook aan ander kunstenaars gegee het, ongeag of hy met hulle persoonlike oortuigings saamgestem het of nie.

“Dit sal jammer wees as individue en organisasies se voorskriftelike politieke agendas die rede is waarom die FAK nie vir Steve erkenning mag gee vir sy werk ten bate van Afrikaanse musiek oor dekades nie. Steve is ’n reus in die Afrikaanse musiekbedryf en met goeie rede een van die gewildste Afrikaanse sangers tot op hede.”

In die 2012 FAK-Sangbundel, wat in 2016 herdruk is, is van Hofmeyr se gewildste liedjies soos “Pampoen”, “Agter elke man”, “Ek ken jou soms”, “Kaapse draai”, “Kyk hoe lyk ons nou” en “Trein na Margate” opgeneem. Hofmeyr het ook in sewe Afrikaanse rolprente en verskeie verhoogproduksies opgetree.

Die FAK gee sedert 1937, toe die eerste FAK-Sangbundel bekendgestel is, erkenning aan Afrikaanse kunstenaars. Die afgelope paar jaar het die FAK erkenning aan verskeie Afrikaanse kunstenaars gegee wat sedert die 1980’s ’n reusebydrae gelewer het in die ontwikkeling van Afrikaanse musiek.

Benewens die meer as 200 Afrikaanse liedjies wat Hofmeyr vir homself en vir verskeie ander kunstenaars geskryf het en opgeneem is, het hy tien boeke gepubliseer.

Oor die FAK-toekenning sê hy: “Die FAK is vir my die gom wat ’n dinamiese volkie aanmekaar hou. Sy speel haar rol as gemeenskaplike faktor al vir 90 jaar. Ons het haar nou nodig, meer as ooit.”

Die datum, plek van die konsert en lys van ander deelnemende kunstenaars sal nader aan die tyd bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

69 Kommentare

Oom Piet ·

Parragraaf 6 aanhaling van Langner is onrus uitnodigend.
Hoekom nie gerustellend aangehaal “FAK sal Steve Hofmeyer met trots as ware top afrikaanse musiekant vereer ongeag watookal”. Praat reguit, wys jou rugraat en staal. Sing, versoek en koop Steve.

Elize Geldenhuys ·

Dankie FAK! Ek salueer julle. En vir jóu ook Steve Hofmeyr!

Robert ·

Die toekenning is oor en oor verdien en geen verrassing nie. Die feit dat die FAK nog nie geïnfiltreer is deur regeringsagente en hul Afrikaner-lakeie, is wel uitsonderlik. Welgedaan Steve en FAK.

LuluPot ·

Hoog tyd! Weet in elk geval nie waarom mens geboelie moet word omdat jy nie bereid is om jou siel te verkoop nie.

S in Pta ·

Dankie aan die FAK. Dankie Danie Langer.
Dit wys maar net, as Joe Heshu (MultiChoice) sy ou nekkie styf maak, dan tree ander positief tot die saak toe. Joe Heshu slaan sy eie (en Multichoice) naam met ‘n plank.

Anoniem ·

Nou hoekom sal die FAK hulle steur aan politiek en ander gemors?

Nefie ·

Mooi so, moenie dat ons van stryk gebring word deur ander se agendas nie.

Wilma Venter ·

Boerseun, ek is GEWELDIG trots op jou! Dankie vir ALLES wat jy vir ons Volk doen! Ek salueer jou! Liefde, Ouvrou

Therese van Schalkwyk ·

Veels geluk aan Steve Hofmeyr met hierdie welverdiende toekenning!

Dr. Danie Langner en die FAK is ‘n welkome vars briesie in ‘n bedompige woestyn van politieke korrektheid.

Dirk K in ·

Dis die beste ding wat kan gebeur op die regte tyd!!Kom ons staan saam vir ons kultuur en taal en oordeel nie die persoon nie!!

Christelle ·

Awesome Steve jy verdien dit? jy maak ons Afrikaner volkie Trots en veral die feit dat jy altyd veg vir die waarheid en ons Afrikaner regte!! Steve for President!!!!

Jane ·

MOOI so, dit gaan uiteraard oor MUSIEK en oor die TAAL, nie oor iemand se politieke siening nie .. WEL GEDAAN!!!

Peet J ·

Steve , baie dankie wat jy vir ons Boerevolk vermag het jou musiek sang is nog steeds van top gehalte ek dink jy verdien ‘n goue toekenning, voorspoed vir die jare wat nog voorlê.

Amanda ·

Baie dankie FAK!!! Iemand wat die GOED in Steve raaksien. Hy is nie net ‘n goeie sanger nie, hy is ‘n STOERE Afrikaans sprekende Suid Afrikaner wat alles vir ons mooi taal sal doen. Steve, jy verdien hierdie toekenning en baie meer.

DS ·

My FAK Steve….. Dis die beste nuus in ‘n lang tyd. Jy verdien dit!!

Felix ·

DIT beteken mos nou baie meer al sou jy ‘n politikus wees en van die verhoog af of in die parlement praat.

Felix ·

DIT beteken mos nou baie meer al sou jy ‘n politikus wees en van die verhoog af of in die parlement praat.

se net ·

Ooooo ek sal moet selfverdediging en skietlesse moet gaan. Ek wil so graag die konsert bywoon en glo my daar gaan karakters wees wat marakas gaan wil aanjaag. Of moet ek vir klipgooi en tyrebrand klasse gaan…… Maar in elk geval geluk FAK met jul dapper optrede en Steve, ek like jou nie, maar maggies jy het n stem aan jou en dankie dat jy jou nie laat boelie nie. Geluk Steve, jy verdien dit.

LBS ·

Jy kan like wie jy wil, maar ken jy hom persoonlik? Of veroordeel jy hom oor stories in die media? Hy is regtig nie ‘n slegte ou nie, hoor.
Baie geluk Steve, ek was op ‘n stadium letterlik ‘n groupy van jou (binne perke natuurlik) ? Vandag is my broers se kinders, hulle kinders, my kinders, almal nog dol oor jou.

Felix ·

Steve, as dit nog nie was nie is jou naam nou verewig in Afrikaanse musiek. Diamand geset in goud. AIG/Ghoemas/Skouspel, ‘eat your heart out’.

Belinda ·

Baie geluk Steve – jy is no 1, dankie FAK – Dankie Ghoemas
Steve sing die Land asb

Ronel Pfister ·

Fantasties Steve! En dankie vir FAK en dat hulle hulle nie laat boelie nie. Niks minder as reg nie! Dankie Steve wat jy vir Afrikaans doen, jou Boere Afrikaner Volk en Vaderland! Jy verdien dit en meer! So Trots op jou. Man van Staal durf en daad!

LADY ·

So trots op FAK EN STEVE..Hy is die beste daar geen gelyke vir hom nie. Hy is en sal altyd my top kunstenaar bly. Ek mal oor Steve en staan bankvas agter hom.

LBS ·

Daar is net EEN wat vir my bo hom was, en dit was Waylon Jennings. Hy is nie meer daar nie maar sy musiek lewe voort. So nou, Steve, is jy my Nr 1 – ons kom al baie jare saam, vandat ek jou eerste LP gekoop het!

Lynette Erasmus ·

DITSEM! Steve verdien dit oor en oor!!! Hy is nie net een van die beste sangers wat SA al gehad het nie. HY IS DIE BESTE! GEE NOM SY EER!!! Hy het die hele package. Akteur, sanger you name it. Dit is Steve. Solank jy sing Steve sal ons luister. Jammer daar moet ALTYD mense wees wat jaloers is. Mense wat nie die son in n ander sien skyn nie. Sulke mense het maar n saai lewe. VOORSPOED STEVE!

Anita ·

Welgedaan FAK! Welverdiende prestasie aan ‘n veelsydige kunstenaar. Dit herstel weer ‘n mens se vertroue in ons land. ATKV moet nou sterkstaan. Ons land is vir almal en ons gun almal hul plekkie onder die Afrika Son.

Davida ·

Baie baie geluk Steve. Jy verdien hierdie eer regtig en jy maak ons as Afrikaners trots op ons taal en kultuur. FAK jul het die beste besluit geneem en asb moenie laat politiek dit versuur nie. ATKV jul beter nie negatief optree nie, want glo my ons stop lidmaatskap binne minute.

N Lourens Reitz ·

Dankie FAK en ook dankie Steve vir jou stem en vir die sing van die Stem

Dries ·

DANKIE!!! FAK- julle dra ons volk se belange op die hart. Steve, ek staan bankvas agter jou!

Kobus ·

Steve is ń goeie musikant met treffende liedjies en sy musiek geval my nie juis nie, maar ek het al lekker partytjie gehou en gedans op sy musiek. So, ek het miskien dubbele standaarde maar hy het ń groot bydrae in SA musiek gelewer en hy beywer hom vreesloos vir Afrikaans en die onderdrukking van die minderheid. Geluk mnr. Hofmyer. Dankie FAK dat julle nie ń Ghoema verdien nie.

Jeremia ·

Beste nuus in ‘n baie lang tyd!
Hieroor kan mens uit jou vel spring van vreugde (by wyse van spreke) oor Steve en die FAK.
Groot dankbaarheid teenoor Steve en FAK.

Irma Honiball ·

Baie geluk aan die FAK met hul welverdiende toekenning aan Steve Hofmeyer! Baie geluk ook aan Steve vir mooi SUIWER Afrikaanse liedere wat keer op keer ons hartsnare roer..! Lank lewe Steve en lank lewe ons dierbare. Moedertaal, Arfrikaans!

Riana ·

Steve verdien dit deur en deur. Moet asb nie dat enigiets in jul pad staan om dit nie uit te voer nie!

Anne-Marie ·

Dankie!! Dankie!! Dankie!! FAK – Vir wat julle vir ons mense doen.
Steve verdien dit deur en deur. Steve ek en nog baie mense staan bankvas agter jou ons bid ook vir jou en ook vir al ons ander Afrikaanse sangers wat nie erkenning gekry het nie. Baie sterkte vir jou.

kolla ·

Hy verdien dit vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek. Sy politieke opmerkings is egter om van naar te word. Kan nie verstaan dat hy hy homself nie net beperk tot dit waarin hy goed is nie, hy is nie ‘n politikus nie.

Boerboel ·

Geluk Steve. Baie dankie vir 30 jaar. Jammer dat jy so baie mos sluk die laaste tyd. Jy is n’ waardige wenner. Dankie wat jy doen vir Afrikaans en nog steeds volhard

Dries du Toit ·

Wonderlik hoop dit is ook vir sy politieke sienings . Dan het die aardskommunis Harold Pakendorff ook nog sy bek uit te spoel oor Steve vanoggend op ONtbytsake

marco polo ·

Wel gedaan, en ‘n groot middelvinger vir Ghoema en Multichoice.

Izak ·

Ek lees so half gedwongendheid in die aankondiging. So asof hulle nie anders kan nie. Derhalwe die regte ding om te doen. Saluut

KietieKat ·

Baie dankie aan die FAK, julle kon nie n beter en opregte man as Steve gekies het nie. n Man met n hart van goud.
Steve ons is trots op jou. Bou voort op die ordentlike suiwer AFRIKAANS se liedjies wat jy aan jou ondersteuners bied.
ONS IS TROTS OP JOU!!
Weereens DANKIE vir die FAK wat ons Afrikaanse kunstenaars raak sien vir wie hulle is.
Steve is tops

Ria ·

Fantastiese en beste nuus ooit. As daar nou iemand is wat dit verdien, is dit Steve Hofmeyr.

Dankbaar ·

Dankie FAK hoop nie julle swig ook voor druk van politiek nie!! Steve is die beste Afrikaanse sanger ooit!!

Attie. ·

geluk Steve, nou mag jy maar staan as kandidaat in volgende verkiesing, baie sal vir jou stem.

S ·

Groot Dankie aan FAK en dat julle opstaan vir Afrikaans en vir ons Afrikaanse sangers. Ek glo en vertrou dat julle nie jul sal laat boelie deur politieke inmenging nie en dat die eer Steve toekom want hy verdien dit dubbel en dwars vir Afrikaans. n FAK toekenning gaan vir Steve n groter eer wees as n ghoematjie. Nogmaals Dankie FAK. Dankie vir Steve dat hy deur al die aanslae steeds opstaan vir ons taal Afrikaans. Baie geluk Steve.

Irma Honiball ·

Baie geluk aan die FAK met hul welverdiende toekenning aan Steve Hofmeyer! Baie geluk ook aan Steve vir mooi SUIWER Afrikaanse liedere wat keer op keer ons hartsnare roer..! Lank lewe Steve en lank lewe ons dierbare. Moedertaal, Arfrikaans!

Kathy swart ·

Ons salueer FAK en STEVE HOFMEYER… dankie dat julle Afrikaans bo hou . FAK moet sterk staan en nie geboelie word deur niemand nie. Steve jy is die beste. Ek is trots op jou en die ander wat saam jou staan vir ons Afrikaner volk .hou so aan jy is n man van staal en jy Ken jou taal .ons is trotse Afrikaners. Ons staan agter julle

Elna van Niekerk. ·

Baie geluk Steve jy staan vir wat reg is. En ek staan heelpad agter jou. Moenie op gee nie. En wanneer kom jy weer na George na die Bosch Lapa toe. Ek staan agter jou.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.