Fatman skink ʼn ‘Vuil Coke’ op die Top-20

Fatman se jongste enkelsnit, “Vuil Coke”, maak vandeesweek sy buiging op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 17de plek.

Die musiekvideo vir die liedjie is onlangs uitgereik en het reeds bykans 130 000 trefslae op YouTube.

Die popsanger Jay se splinternuwe enkelsnit “Te veel” maak ook vandeesweek sy toetrede tot die top-20 in die 20ste posisie.

Riaan Benadé bly weer vir die tweede week in die eerste plek met “Gooi nog ʼn whisky”.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar vier snitte wat styg, vier wat daal, tien wat onveranderd bly en twee nuwe enkelsnitte wat die Maroela Media Afrikaanse Top-20 betree.

_6xT7OTNStQLw

  1. Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
  2. Elandré – “Dag en nag”
  3. Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
  4. Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
  5. Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
  6. Bernice West – “Sonop-blom”
  7. Steve Hofmeyr – “Ek kort”
  8. Lianie May & Jay – “Dors”
  9. Refentse – “Stormnag”
  10. Ruhan du Toit – “Monumentaal”
  11. Janie Bay & Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
  12. Bernice West – “Die hart”
  13. Appel – “Nonna”
  14. Bernice West – “Kom binne”
  15. Refentse – “Daai deng”
  16. Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
  17. Fatman – “Vuil Coke”
  18. Jo Black – “Spring”
  19. Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
  20. Jay – “Te veel”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.