Fatman soek skoor op Top-20

Fatman betree vandeesweek die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in die 15de plek met sy splinternuwe enkelsnit, “O my vy”.

Die musiekvideo vir die liedjie is vier dae gelede uitgereik en het reeds sowat 83 000 kykbeurte op YouTube. “O my vy” is deur Fatman, Roux Cloete en William Loots geskryf.

In die tong-in-die-kies‑video daag daar ʼn klomp mense by Fatman se huis vir ʼn partytjie op en dit laat sy geliefde warm onder die kraag.

Barto se “H2Oë” en Bernice West se “Lyfie” het albei vandeesweek op Spotify se lys vir die top-50 gewildste Afrikaanse liedjies verskyn.

“H2Oë” kraai steeds koning op die Top-20, terwyl “Lyfie” in die derde plek is. Eloff se “Witblits” beklee die tweede plek.

In vandeesweek se Top-20 is daar vier liedjies wat klim, sewe wat hul plek verloor, agt wat onveranderd bly en een wat die Top-20 betree.

  1. Barto – “H2Oë”
  2. Eloff – “Witblits”
  3. Bernice West – “Lyfie”
  4. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  5. Irene-Louise van Wyk – “Tekkies brand”
  6. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  7. Riaan Benadé & Jay – “Rowwe bliksem”
  8. Prop – “Kwaaitjie”
  9. Eloff – “Johnnie Blou”
  10. Anlia Star – “Plaaslewe”
  11. Tasché – “Sal jy vir my wag”
  12. Brendan Peyper – “Insomnia”
  13. Karlien van Jaarsveld – “Ophou”
  14. Riaan Benadé & Ricus Nel – “Haai haai”
  15. Fatman – “O my vy”
  16. Riaan Benadé – “Spontaan”
  17. Leah – “Ek like jou”
  18. Elandré – “Lieflik”
  19. Jan Jan Jan – “Skattie”
  20. Wikus Botma – “My nannas”

* Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings:

Jennifer Zamudio.

“Wat ek gaan mis” is ʼn splinternuwe liedjie uit die pen van die Noord-Kaapse kunstenaars Jan-Daniël Swanepoel en Callie van der Merwe.

Jan-Daniël het in die klein Noord-Kaapse dorpie Ritchie grootgeword en koester groot drome vir sy musiekloopbaan.

Jennifer Zamudio het 22 jaar gelede die Afrikaanse musiekbedryf betree as die “singende pers sensasie”. Haar jongste enkelsnit, “Weerkaats”, is pas uitgereik en getuig van haar langlewendheid in die bedryf.

Die liedjie is deur Rudi Claase geskryf.

Ander liedjies wat ook die afgelope week bekendgestel is, is AJ de Vos se “Hart roep hart”, Kristi Steyn se “Moeite om te bestaan”, Leon Gropp se “Wolkedans” en Fatman se “O my vy”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.