[Foto’s] ABBA sing weer saam ná 30 jaar

ABBA (Foto: Twitter via The Telegraph)

ABBA (Foto: Twitter via The Telegraph)

Aanhangers van die gewilde Sweedse popgroep, ABBA, moet liefs nie hul asems ophou nie – hoewel dié groep ʼn sosiale media-storm ontketen het toe hulle die afgelope naweek vir die eerste keer in 30 jaar saam opgetree het, is daar nog geen tekens van ʼn toer of nuwe musiek nie.

NBC News het berig die reünie-optrede het by ʼn “eksklusiewe” partytjie in Stockholm plaasgevind, ter viering van die groep se 50-jaar lange vriendskap.

Die popgroep, wat bestaan uit Agnetha Fältskog, Benny Andersson, Björn Ulvaeus en Anni-Frid Lyngstad, het amptelik in 1982 uiteengegaan, maar in 1986 vir die laaste keer saam opgetree.

Agnetha en Anni-Frid het oor die naweek glo die liedjie “Me and I” saam gesing, voor die manne by hulle aangesluit het.

Benny het in ʼn onderhoud in 2002 vertel die groep het ʼn aanbod van $1 miljard van die hand gewys om weer saam te toer.

The Telegraph het egter intussen gesê hoewel dié kortstondige reünie aanhangers wêreldwyd laat duimvashou het, lyk dit nie asof daar enige hoop is dat die groep weer saam sal optree nie.

“Die groep het, sedert hulle in 1982 uiteengegaan het, deurgaans nee dankie gesê om weer saam op te tree, ten spyte van groot geldelike aanbiedings. Hulle geen aanduiding gegee dat die optrede enigiets anders was as net ʼn samekoms nie.”

Aanhangers het steeds dié aangename verrassing op sosiale media verwelkom.

Bron: The Telegraph, NBC News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

A ·

Sal wat wil gee om hulle weer saam te sien optree. Hulle musiek is van die beste ooit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.