[Foto’s] Adele breek Grammy in helfte, en meer

Adele breek die beeldjie in die helfte om die toekenning met Beyoncé te deel (Foto: Grammys/Getty Images)

Adele breek die beeldjie in die helfte om die toekenning met Beyoncé te deel (Foto: Grammys/Getty Images)

Die Britse sangeres Adele het Sondag (internasionale tyd) geskiedenis op die Grammy-verhoog gemaak toe sy haar beeldjie in die helfte gebreek het om dié toekenning met Beyoncé te deel.

Die Grammys is Sondag by die Staples-sentrum in Los Angeles uitgedeel.

Adele, wat altesaam vyf toekennings ingepalm het, was op die verhoog om die toekenning vir die beste album van die jaar te ontvang toe sy in ʼn roerende toespraak byna die beeldjie van die hand gewys het.

“Vir my was die beste album van die jaar Lemonade deur Beyoncé. Ek kan nie die toekenning aanvaar nie; ek is baie dankbaar en waardeer dit ongelooflik, maar Beyoncé is my lewe. Die album was monumentaal en so weldeurdag. Dit het soveel siel gehad en ons kon ʼn ander kant van die sangeres sien,” het sy in haar toespraak gesê.

Die sangeres het ook talle kere om verskoning gevra nadat sy haar huldeblyk aan die oorlede sanger George Michael weens tegniese probleme gestaak het, geswets het en weer van voor begin het om dit “reg te doen”. Sy het ʼn staande applous vir dié optrede ontvang.

Ander hoogtepunte van die toekenningsgeleentheid was onder meer toe Bruno Mars homself as die sanger Prince vermom het in ʼn huldeblyk aan die ontslape kunstenaar.

Die aanbieder van die glansgeleentheid, James Corden, het ook sy gewilde program Carpool Karaoke nageboots en saam met sangers soos Jennifer Lopez en John Legend “Sweet Caroline” gesing.

Dié fotogalery is ʼn opsomming van die Grammy 2017-hoogtepunte.

Lees meer oor die Grammy-wenners op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Arséne Lupin ·

Ek het die berig gelees, en toe na die foto’s gekyk. Dom vraag – maar is David Bowie nie oorlede nie??

Janie Monsieur ·

Dagsê Arséne,

Dankie vir jou kommentaar. David Bowie is inderdaad oorlede. Hulle het wel ‘n huldeblyk aan hom gebring.

Groetnis
Janie mns Maroela Media

Boerseun ·

politiese snert. jammer julle hef dit ook op. sien geen melding aan die agenda van die sterre en die aand in geheel nie. Dan George Michael was een van die deurmekaarste siele ooit, hoe kan hy enigsins as voorbeeld dien? Dalk die rede vir die tegniese fout

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.