Foto’s: Agter die skerms van ADAM se nuwe musiekvideo

Die groep ADAM bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Joe Foster. Die groep se gelyknamige debuutalbum is vroeër vanjaar bekendgestel. Kyk hier na foto’s van agter die skerms van ADAM se nuutste musiekvideo ‘Somerlag’. Dié musiekvideo word binnekort bekendgestel.

“Die keuse vir ons tweede musiekvideo was n maklike een. Dit is somer. Almal is moeg gewerk en sien net uit om te gaan vakansie hou by die see. En heel ‘toevallig’ het ons n liedjie in ons arsenaal wat presies op hierdie Desembervakansie van toepassing: Somerlag, oftewel, die Coca-Cola song.

Ons sou graag die video wou skiet by die see (waar die storie afspeel) maar ongelukkig, weens tydsbeperkings en die onvoorspelbaarheid van die weer, het ons toe eerder besluit om die vakansiegevoel uit te bring in n ‘infinity studio’ in Fairlands, Johannesburg. Ons is gese om helder hemde, groot glimlae, en ons ‘innerlike vakansiekind’ saam te bring na die stel. Die res was n verrrassing.

Opgedaag by die studio het ons in hierdie massiewe stuk muur vasgekyk met AL die lirieke vir Somerlag daarop geverf – ‘graffiti-styl’ – aanvanklik eers wit en swart. Soos die video vorder (en die liedjie oorgaan na verdere verse en koor), is daar stelselmatig meer kleur ingebring.

Die idee van die video was om ‘fun’ te he en dit dan op kamera vas te vang. Hoeveel meer ‘fun’ kan n man dan he as drie pragtige dames (wat ons nog nooit van tevore ontmoet het nie) wat dan elke ADAM-lid se ‘somerromans’ speel. Teagan (= Reynardt), Luzaan (= Joe), en Christelle (= Hugo) was so spontaan en het seker gemaak om daardie ekstra bietjie ‘fun’ kamera toe te bring wat drie ouens saam eenvoudig net nie kan nie. Die moeilikste deel om te skiet was toe daar vir die ADAM manne gese is om elkeen vir n kort rukkie romanties, spontaan en ‘cute’ te wees met hulle onderskeie ‘meisies’ – drie dinge wat skynbaar nie natuurlik kom vir die ADAMs nie. Joe en Luzaan het toe op die einde die prys gekry vir die paartjie wat die verliefste lyk op kamera. Hulle prys: hulle het die voorreg gekry om die ‘begeerde’ roomys-‘scene’ te doen! (om te sien wat die roomys-scene is, sal jy die video moet kyk).

Die laaste toneel wat geskiet is, het behels dat elke persoon (meisies ingesluit) n blik verf in die hande kry en die muur…wel…gooi…bemors…met elke kleur van die reenboog!

As ‘fun’ die mikpunt vir die dag was het ons verseker ons mikpunt bereik! Indien dit so vasgevang is op kamera (wat ek stellig glo), behoort hierdie een video te wees om nie te mis nie! Wees egter gewaarsku, die kombinasie van lied en video gaan jou moontlik TE VEEL laat uitsien na die opkomende Desember vakansie.”

Vir meer oor die groep en hulle CD klik hier.

Foto’s: Storm Rekordz

[nggallery id=12]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.