Foto’s: American Music-pryse in LA aangebied

Cardi B in ‘n goue masker op die tapyt van die American Music Awards in Los Angeles, VSA. (Foto: Matt Winkelmeyer / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)

Die American Music Awards is Sondagaand in die Microsoft-teater in Los Angeles, VSA, aangebied, met die kletsrymer Cardi B wat haar debuut as seremoniemeester gemaak het.

Internasionale musieksterre soos Olivia Rodrigo, BTS, Bad Bunny, Jennifer Lopez, Chlöe, Machine Gun Kelly, Carrie Underwood, Jason Aldean, Kane Brown, New Edition, New Kids on the Block en Coldplay was op die rooi tapyt en op die verhoog te sien.

Cardi B het opgedaag in ʼn goue masker en swart rok deur Schiaparelli. Rodrigo, wat in sewe kategorieë benoem is, het ʼn blinkerrok deur David Koma gedra. Sy het slegs met een toekenning vir nuwe kunstenaar van die jaar weggestap.

Chlöe en Becky G. het uitgestaan in helder uitrustings terwyl Billy Porter, wat gereeld op rooi tapyte opslae maak met sy uitspattige uitrustings, in ʼn blou pak en ʼn hoed in die vorm van ʼn sambreel deur Botter opgedaag het.

BTS het drie American Music-toekennings huis toe gevat, onder meer vir kunstenaar van die jaar. (Foto: Matt Winkelmeyer / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)

Die Koreaanse popgroep BTS het met drie toekennings, onder meer vir kunstenaar van die jaar, huis toe gegaan. Ariana Grande en Taylor Swift is ook in dié kategorie benoem.

Ed Sheeran is met die prys vir gunsteling-manspopkunstenaar vereer, terwyl Swift met die prys vir gunstelingvrouepopkunstenaar vereer is. Swift se album evermore is ook met die prys vir beste popalbum bekroon.

Die omstrede sanger Machine Gun Kelly is as beste rock-kunstenaar aangewys en Kanye West is as beste gospelkunstenaar gekies.

Hier is ʼn volledige lys van vanjaar se wenners.

Bronne: CNN, E! News, Billboard.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.