
Cardi B in ‘n goue masker op die tapyt van die American Music Awards in Los Angeles, VSA. (Foto: Matt Winkelmeyer / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)
Die American Music Awards is Sondagaand in die Microsoft-teater in Los Angeles, VSA, aangebied, met die kletsrymer Cardi B wat haar debuut as seremoniemeester gemaak het.
Internasionale musieksterre soos Olivia Rodrigo, BTS, Bad Bunny, Jennifer Lopez, Chlöe, Machine Gun Kelly, Carrie Underwood, Jason Aldean, Kane Brown, New Edition, New Kids on the Block en Coldplay was op die rooi tapyt en op die verhoog te sien.
Cardi B het opgedaag in ʼn goue masker en swart rok deur Schiaparelli. Rodrigo, wat in sewe kategorieë benoem is, het ʼn blinkerrok deur David Koma gedra. Sy het slegs met een toekenning vir nuwe kunstenaar van die jaar weggestap.
Chlöe en Becky G. het uitgestaan in helder uitrustings terwyl Billy Porter, wat gereeld op rooi tapyte opslae maak met sy uitspattige uitrustings, in ʼn blou pak en ʼn hoed in die vorm van ʼn sambreel deur Botter opgedaag het.

BTS het drie American Music-toekennings huis toe gevat, onder meer vir kunstenaar van die jaar. (Foto: Matt Winkelmeyer / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)
Die Koreaanse popgroep BTS het met drie toekennings, onder meer vir kunstenaar van die jaar, huis toe gegaan. Ariana Grande en Taylor Swift is ook in dié kategorie benoem.
Ed Sheeran is met die prys vir gunsteling-manspopkunstenaar vereer, terwyl Swift met die prys vir gunstelingvrouepopkunstenaar vereer is. Swift se album evermore is ook met die prys vir beste popalbum bekroon.
Die omstrede sanger Machine Gun Kelly is as beste rock-kunstenaar aangewys en Kanye West is as beste gospelkunstenaar gekies.
Hier is ʼn volledige lys van vanjaar se wenners.
Bronne: CNN, E! News, Billboard.com
- Billy Porter. (Foto: Amy Sussman / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)
- Cardi B in ‘n goue masker en swart rok deur Schiaparelli. (Foto: Amy Sussman / GETTY IMAGES NORTH AMERICA / Getty Images via AFP)
- Machine Gun Kelly. (Foto: Kevin Winter/Getty Images for MRC/AFP)
- Olivia Rodrigo het met die toekenning vir nuwe kunstenaar van die jaar huis toe gegaan. (Foto: Matt Winkelmeyer/Getty Images for MRC/AFP)
- Becky G. (Foto: American Broadcasting Companies, Inc. / ABC / AFP) / RESTRICTED TO EDITORIAL USE – MANDATORY CREDIT “AFP PHOTO”)
- Jennifer Lopez. (Foto: American Broadcasting Companies, Inc. / ABC / AFP)
- New Kids On The Block op die verhoog. (Foto: Kevin Winter/Getty Images for MRC/AFP)
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Genade, kyk die uitrustings!
Hulle lyk soos narre!!