Foto’s: Country-sangeres verwelkom bondeltjie vreugde

Heidi en haar babaseuntjie, Hendré, in die hospitaal. (Foto: Instagram/heidi.co.za)

Die Vrystaatse sangeres Heidi en haar man, Henk Fourie, het Sondag (op Vadersdag) aangekondig dat hulle vroeër die week ʼn babaseuntjie ryker geword het.

Heidi het op Instagram geskryf dat klein Hendré op Vrydag 18 Junie sy opwagting gemaak het. Hy het 3,4 kg geweeg en is 52 cm lank.

“Hy het ʼn lekker bos hare,” het sy geskryf by skattige foto’s van baba Hendré saam met sy pa in die hospitaal.

“Gelukkige Vadersdag Husband. Jy is alreeds die beste Pappa waarvoor Hendré kon vra… [sic],” het sy bygevoeg.

“Dit gaan baie goed met ons twee en dit is so lekker om terug te wees by die huis.”

Heidi het in Desember verlede jaar bekend gemaak dat sy swanger is. “Ek weet nie wat ons gedoen het om so groot blessing te verdien nie! As ek deur die foto’s blaai raak ek skoon emosioneel – alles voel nog so onwerklik. Knyp my! Ek gaan mamma word. Dankie, dankie Here,” het sy destyds op Instagram geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Baie geluk! Mag hy baie vreugde verskaf. Hy is te pragtig!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.