Foto’s: Die grootste oomblikke van ‘Afrikaans is groot’

Juanita du Plessis (Foto: Afrikaans is Groot)

Afrikaans ís inderdaad groot – of só sê die meer as 80 000 konsertgangers wat die Gautengse aflewering van dié konsertreeks bygewoon het.

Die “Afrikaans is groot”-bestuur het vandeesweek foto’s van die grootste oomblikke uit die Gautengse konsert met aanhangers op Facebook gedeel.

Dié konsertreeks is pas in Gauteng voltooi, maar Wes-Kaapse aanhangers van die konsert kan uitsien na twee aanbiedings wat volgende jaar in Kaapstad aangebied gaan word. Dié konserte word volgende jaar op 16 en 17 Maart by die Grand West Casino gehou.

Kaartjieverkope vir die Wes-Kaapse konserte het op 23 November geopen. Konsertgangers sal egter moet spring aangesien sommige vertonings op dié datums reeds uitverkoop is.

Lees meer oor “Afrikaans is groot” op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dereck Le Roux ·

Hoe groot gaan AIG nog in die toekoms bly wanneer die Koleskys en die Schaiks klaar die 80, 000 toeskouers se geld gedeel het?

Louise ·

Dit was ‘n great show, maar ek dink regtig daar word hopeloos te veel bohaai gemaak oor Juanita – ek meen liewe hemel – elke liewe jaar na jaar na jaar… Liezel Pieters is ‘n amazing nuwe sangeres, maar sy’t nie een van haar eie pragtige liedjies gesing nie??? Sy moes ‘n liedjie in die agtergrond saam ander sing? Elvis, Refentse, Snotkop, Loukie, Laurika, Steve, en ‘n paar ander was AMAZING!!!! Maar van die oues (en dan Karlien) is ook maar net daar agv hulle name…??? Daar moet bietjie meer aandag gegee word aan ons nuwe Afrikaanse sangers!!!!

Heinrich ·

Het die voorreg gehad omn hierdie jaar dit te kon bywoon: mensdom ouens, julle mag maar! Dankie vir ‘n puik opvoering! Beter as enige ander skouspel wat ek al gesien het…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.