Matthys Roets, Lourens Campher en Karen Ferreira was van die sangers wat by vanjaar se Gesinsfees opgetree het. Hier is hulle saam met Sakkie Kotze, musiekpromotor vir die fees en voorsitter van die ATKV se Centurion-tak. Foto: Verskaf.
Die Gesinsfees wat hierdie naweek by Supersportpark in Centurion aangebied is, het iets vir almal gebied.
Daar was fietsry, sang en musiek, asook talle kos- en stokperdjiestalletjies. Kinders kon sorgeloos baljaar in die speelpark en teen die krieketstadion se graswal afseil, terwyl ouers deur die stalletjies kon drentel of sang op die musiekverhoog geniet.
-
- Arlene en Thea Duffue wat die wenstalletjie op vanjaar se Gesinsfees gehad het, het ’n hoenderhaan-horlosie gewen. Dis geskenk deur Stephanus en Cornel Groenewald. Foto: Verskaf.
-
- Marika en Annelie Buhrman van Laerskool Wierdapark staan by Mauritz Meyer, feespromotor, die sangers Pieter Smith en Henry van Dyk, en Sakkie Kotze, musiekpromotor en voorsitter van die ATKV se Centurion-tak. Foto: Verskaf.
-
- Arlene en Thea Duffue word deur die beoordelaars, Sakkie Kotze van die ATKV se Centurion-tak en Mauritz Meyer, gelukgewens met hulle wenstalletjie, wat getitel is “Lekker en mooi”. Foto: Veskaf.
-
- Arlene en Thea Duffue saam met Elana Schutte, Geraldine van der Westhuizen en Marita Hoffman, die drie naaswenners in die stalletjie-kompetisie op vanjaar se Gesinsfees wat die afgelope naweek in Centurion gehou is. Foto: Verskaf.
Lyk maar leeg?