[Foto’s] Ghoemas 2017: Refentse maak skoonskip

Franja du Plessis en Willie Engelbrecht (Foto: Cyril Blackburn/Maroela Media)

Die Ghoema-musiektoekennings is Sondag tydens ʼn glansgeleentheid by Emperors Palace in Kempton Park uitgedeel.

Dié toekennings, wat vanjaar vir die sesde keer uitgedeel word, vereer die beste Suid-Afrikaanse musiektalent vir hul jongste werk.

Vanjaar het die Afrikaanse sanger Refentse behoorlik koning gekraai nadat hy met niks minder nie as vier toekennings huis toe is.

Franja du Plessis,  Joshua na die Reën en Snotkop het ook elk twee beeldjies gekry.

Die Ghoemas het vanjaar ʼn effense gedaanteverwisseling ondergaan. Drie kategorieë is vanjaar bygevoeg om ʼn breër diversiteit kunstenaars die geleentheid te gee om benoem te word: Die publiek se gunsteling-manskunstenaar, die publiek se gunsteling-vrouekunstenaar en die publiek se gunstelinggroep.

Die wenners in die kategorieë is aangewys deur middel van ʼn stemproses waaraan die publiek deelneem.

Hou Maroela Media dop vir ʼn video oor die vrolikheid by dié geleentheid.

Album van die jaar
My hart bly in ’n taal – Refentse

Manlike kunstenaar van die jaar
Refentse

Vroulike kunstenaar van die jaar
Franja du Plessis

Groep van die jaar
Adam

Beste nuweling van die jaar
My verhaal – Franja du Plessis

Digitale album van die jaar
My hart bly in ’n taal – Refentse

Digitale liedjie van die jaar
Cool soos Koos Kombuis – Snotkop

Luitoon van die jaar
“Blou” – Laurika Rauch & Loki Rothman

Gewildste liedjie van die jaar
Cool soos Koos Kombuis – Snotkop

Beste liedjie van die jaar
Die wêreld binne my – Joshua na die Reën

Beste Afrikaanse hip-hop liedjie van die jaar
Bene lam – Early B

Beste pop‐album deur ’n manlike kunstenaar
Sal jy met my dans? – Kurt Darren

Beste pop‐album deur ’n vroulike kunstenaar
As jy weet dis liefde – Charlize Berg

Beste kontemporêre-album deur ’n manlike kunstenaar
Die wêreld binne my – Joshua na die Reën

Beste kontemporêre-album deur ’n vroulike kunstenaar
Die reis – Laurika Rauch

Beste album deur ’n duo of groep
Hoogtevrees – Adam

Beste geestelike album
Dans – Duis:lig

Beste kinder‐album of -dvd
Jonkman en Baartman sing nuwe lawwe liedjies – Jonkman en Baartman

Beste alternatiewe album
Die aandblom 13 – Arno Carstens

Beste ligte klassieke Afrikaanse album
Kosmos – Con grazia

Beste country‐album
Ongelooflik – Jennifer Zamudio

Beste musiekvideo
Vir liefde – Jay en Lianie May

Beste liedjieskrywer
Johan Vorster

Beste vervaardiger
Jaconell Mouton & Coenie de Villiers

Ere-toekenning:  baanbreker
Taliep Petersen

Ere-toekenning: beste verkoper
My hart bly in ’n taal – Refentse

Publiek se gunsteling manlike kunstenaar
Juan Boucher

Publiek se gunsteling vroulike kunstenaar
Jennifer Zamudio

Publiek se gunsteling duo of groep
Twee

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amanda ·

My gunsteling en beste sanger van alle tye Joshua na die Reën.

Truidie ·

Het jy al vir Refentse gehoor? Hy verdien elke toekenning wat hy kry.

Johan ·

Ek dink hy sing Mosier en better as baie van die huidige en omlangse blanket singers. As hy sing, dan kan jy elke woord hooray. Hy sing, en hy skree nie soos die Meester Ander wat dink hulle kan sing nie.

Panda ·

Stem saam…….baie sodanige Afrikaanse sangers kan van hom leer. Een van die bestes wat Suid Afrika nog opgelewer het en dit in ‘n baie kort tyd. En die beste van als is hy ry nie op ander mense se rue nie. Love sy musiek!!!!!!!

lynette ·

ek is so bly Jennifer Zamudio het 2 toekennings gewen. sy verdien dit al lankal – baie talentvol – BAIE GELUK!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.