Steve Hofmeyr het vandag in samewerking met GROOTfm die derde en nuutste aflewering in die Toeka-reeks bekend gestel.
Die bekendstelling is regstreeks op GROOTFm en Hofmeyr se Youtube-kanaal uitgesaai. Etienne Piek, stasiebestuurder van GROOTfm, het Hofmeyr tydens die geleentheid verras met ʼn goue-toekenning vir Toeka 3.
Linda Human en Elmien Cawood Stols, twee van Hofmeyr se grootste aanhangers, het ook die geleentheid gehad om die dag saam met hom in die ateljee deur te bring.
Hofmeyr het ʼn hele paar van die treffers op die album bespreek en selfs ʼn akoestiese weergawe van Cry to me gesing.
Maroela Media kondig binnekort die wenners van die Toeka 3-albums aan.
Baie Geluk Goue seun van Suid-Afrika, ek is trots op jou!! Mag daar nog vele meer Goue toekennings wees vir jou
Lekker man, lekker! Geluk aan die goue Hofmeyr!
Baie geluk Steve. Die hele SA is trots op jou.