Foto’s: SA musikant by MTV EMA’s vereer

Little Mix. (Foto: Facebook via MTV EMA’s)

Master KG, die Suid-Afrikaanse musikant en sanger van die gewilde liedjie “Jerusalema”, het Sondag by die MTV European Music Awards (EMA) die toekenning vir beste musikant van Afrika ingeoes.

Net soos talle ander toekenningsgeleenthede is die MTV EMA’s ook vanjaar virtueel aangebied. Die popgroep Little Mix het die 27ste jaarlikse geleentheid sonder ʼn gehoor aangebied.

Bebe Rexha, Rita Ora, die model Winnie Harlow, die renjaer Lewis Hamilton en The Foo Fighters-voorsanger Dave Grohl het as aanbieders van die onderskeie kategorieë opgetree.

Die vertoning is op verskillende plekke oor die hele Europa geskiet weens die Covid-19-pandemie. David Guetta en Raye het vanuit Boedapest die snit “Let’s love” uitgevoer terwyl Maluma uit Londen ʼn medley van “Djadja” en “Hawái” gesing het.

BTS. (Foto: Facebook)

Met sewe benoemings het die Amerikaanse sangeres Lady Gaga die meeste benoemings van die aand gehad, maar die Koreaanse popgroep BTS het die meeste toekennings ingeoes in vier kategorieë, onder meer vir beste groep en beste liedjie vir “Dynamite”.

BTS is oorspronklik van Seoel afkomstig en bestaan uit lede RM, Jin, Suga, J-Hope, Jimin, V en Jungkook. Die groeplede skryf en vervaardig hoofsaaklik hulle eie musiek.

Cardi B, die rockgroep Coldplay, die sangeres Hayley Williams en die jong sanger YUNGBLUD is ook as wenners in die onderskeie kategorieë aangewys.

Lady Gaga is as beste kunstenaar aangewys terwyl Doja Cat die toekenning vir beste nuweling ingeoes het.

Ander gewilde kunstenaars soos Taylor Swift, The Weeknd, Dua Lipa, Harry Styles, Miley Cyrus, Justin Bieber, BLACKPINK, Sam Smith en Jack Harlow is in die onderskeie kategorieë benoem.

Verskeie kunstenaars van oor die wêreld is ook vereer. Johnny Orlando is as beste musikant van Kanada aangewys. Justin Bieber en Alessia Cara is ook in dié kategorie benoem.

Armaan Malik is as beste musikant van Indië en Stray Kids as beste musikant van Korea aangewys.

Hier is ʼn volledige lys van die wenners.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Flamink

By gesê, Doja Cat se regte naam is Amala Ratna Zandile Dlamini en haar pa is die Suid-Afrikaanse akteur, Dumisani Dlamini

Vrijburger

Geluk Master KG.

Maar soos ek deur die artikel lees en wenners sien soos Lady Gaga maar meer spesifiek Cardi B het ek net weereens besef tot watter mate die wereld bedorwe geraak het. Ouers, as julle kinders na Cardi B luister gaan kyk ‘n bietjie na haar huidige treffer WAP – die woorde en waaroor dit gaan. Dit is skrikwekkend.