[Foto’s] Só groot was Afrikaans in Kaapstad

Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie (Foto: Stephen Elliott)

Bobby van Jaarsveld en sy vrou, Annatjie (Foto: Stephen Elliott)

Afrikaans was inderdaad gróót tydens die jongste aflewering van die gewilde Afrikaans is groot-konserte wat die afgelope naweek vir ’n vierde keer in die Moederstad te sien was.

Arnold Coleske, organiseerder van Afrikaans is groot, sê die feit dat kaartjies vir dié konserte reeds weke voor die tyd uitverkoop is, is ’n bewys dat Kaapstad se Afrikaanse gehore steeds smag na top-gehalte Afrikaanse vermaak op groot skaal.

Kunstenaars wat die afgelope naweek op die verhoog was, sluit in Bobby van Jaarsveld, Karlien van Jaarsveld, Jannie Moolman, Corlea, Elvis Blue, Dewald Wasserfall, Lianie May, Steve Hofmeyr, Juanita du Plessis, Jay, Karen Zoid, Laurika Rauch, Riana Nel en Bok van Blerk.

Dis veral Touch of Class se verwerking van die tydlose treffer “Sound of Silence” wat aandag geniet het. Nóg ’n verrassing, eksklusief deel van die konserte in Kaapstad, was ’n optrede deur die sangeres Monique.

Dié konsert, wat later vanjaar in DVD-formaat beskikbaargestel sal word, is jaarliks ʼn groot sukses met uitstekende klank, beligting, kostuums en spesiale effekte. “Die hele span en kunstenaars gee hulle alles om vir die gehoor iets te gee wat hulle vir lank sal onthou,” sê Coleske.

Aanhangers wat vanjaar nie betyds kaartjies kon kry nie, kan nou al regmaak vir die 2018-konsert in Kaapstad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Alida ·

Dit was fantasties…. Hoop Joshua na die reën is volgende jaar daar. Bobby en touch of class was die beste.

Andrea ·

☺ Boerseun hoe lekker laat jy my nou lag ☺
Jy het sopas my dag gemaak ou!

Schalk ·

Ongelukkig stem ek nie saam. Verlede jaar se vertonning was baie beter gehalte. Musiek en choreografie asook verhoog was baie beter.
Ek dink 2017 se vertoning is afgewater .

Emile Zaayman ·

Stem saam Schalk, dit was my eerste “Afrikaans is groot” en ek was teleurgesteld. Paar lekker liedjies, en toe slaan dit oor na Engels en Zulu (as ek reg is) dis so asof daar nie genoeg nuwe afrikaanse musiek is nie toe slaan hulle maar die spulletjie aan mekaar.

GrootCorlie ·

Corlia het Polisiekar se liedjie doodgemaak, uiters swak, en so het Bobby in PTA die gehoor probeer wysmaak en se hy doen dit net een aand want sy vrou is daar, toes sy by elke vertoning, nes Elvis Blue wat die liedjie vir die eerste shows gese het hyt dit geskryf, toe is dit n vertaalde lied. Nes Suid Afrikaanse kultuur, steel maar wie sn beter is.

Anoniem ·

Ai tog, al so gatvol vir Bobbie en sussie Karlien se gesigte! Hul swartkop sussie is beeldskoner, en dink nie so veel van haarself nie!

Boerseun ·

Dis waar,my dogter het na sy musiek geluister totdat sy hom raak geloop het in Brits waar hy vandaan is.Glad nie so vriendelik gewees nie so gelukig hoef ek nie meer na hom te luister nie.

Charmain ·

Haha. Wat het Karlien gedink? Sy is n engel wat neerdaal? Weet sy hoe sy lyk en waar is baba Bobbie se tissues. Ag nee. Hartlik gatvol vir die 2 aansitterige mense!!

Marga ·

Sjoe , ekt nog nooit die kans gehad om Afrikaans is Groot te luister nie,,,maar al hierdie lelike kommentaar is vir my baie neerdrukkend. My ma het altyd gesê as jy niks goeds te sê het nie, bly eerder stil. Eks ‘n groot afrikaans-musiek ondersteuner.

K ·

ek het dit gesien in PTA. was my heel eerste keer en was mal oor alles. van die back dansers tot die sangers. al hou ek nie van n paar nie. Natuurlik was the Sounds of Silence amazing stunnig en het my arm hare gerys vir weke daarna as ek mense vertel. Sodra die kaartjies vir 2017 hier oop maak koop ek weer. Dis ons mense en vir hulle sal ek bly ondersteun… of ek nou van hul musiek hou of nie… Kom AIG 2017 ek kan soooooo nie meer wag nie…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.