Foto’s: Sprokiestroue vir Afrikaanse popsangeres

Irene-Louise en Nick du Preez. (Foto. Verskaf)

Irene-Louise van Wyk, treffermaker van “Hou jou hande van my lyf af”, is Sondag met Nicolas du Preez, ʼn houtinspekteur, getroud.

Louis van Wyk, musiekpromotor en Irene-Louise se pa, het aan Maroela Media bevestig die troue het buite Pretoria op die Galagos-landgoed plaasgevind.

Van Wyk het verklap dat sy dogter sonder sy medewete al jare lank haar ma, die ontslape gospelsangeres Irene van Wyk, se trourok bewaar het sodat sy gedeeltes daarvan by haar eie trourok kon laat inwerk. “My dogter het soos ʼn prinses gelyk in haar rok,” het Van Wyk gesê.

Leandie du Randt Bosch, aktrise en vriendin van Irene-Louise, het haar lyf seremoniemeester gehou tydens die spoggeleentheid. Hykie Berg, akteur en motiveringspreker, het die tafelgebed gedoen.

“Pieter Koen, wat vir my en Irene-Louise baie goed ken, het die heildronk op ons ingestel,” het Van Wyk vertel.

Irene-Louise by ‘n foto van haar ontslape ma, Irene van Wyk. (Foto: Verskaf)

Dit was ʼn sterbelaaide gastelys vir dié blonde popster en haar pasgetroude man. Die voormalige Mej. SA, Melinda Bam, die manne van die popmusiekgroep Adam, Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Kyle Grant was saam met Anlia van Rensburg, bekend vir haar rol as Sasha in die kykNET-sepie Getroud met rugby, Bouwer Bosch en die grapjas en sosialemediavlinder Craig du Toit Nel gaste op die troue.

Die paartjie beplan om vir ʼn week uit te span by Bakubung Bush Lodge voordat die sangeres saam met Du Toit Nel op ʼn landswye toer vertrek.

Irene-Louise se jongste enkelsnit, “Is jy spyt”, word die komende week uitgereik. Dié snit is vir haar geskryf deur die gewilde Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Riana Nel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SAARTJIE VAN DIE KAROO ·

Pragtige mens. Met groot talent. Baie geluk.☺

Essa ·

En daar vergeet ek skoon ek wou nog die bruidspaar geluk, vrede en bo alles vir-altyd liefde toewens. Irene-Louise, jy is ‘n pragtige bruid; jou ma sou so trots wees op jou.

Cora Simpson ·

Sy is so ‘n pragtige jong mens met baie talent en ‘n hartjie van goud. Veels geluk! Jy lyk soos ‘n sprokie prinses

wilma ·

Sjoe, maar die bruid lyk soos ‘n sprokieskoningin. Baie seënwense vir julle.

Gesiggie ·

Jy het pragtig gelyk… ek was mal oor Ma Irene se musiek, en kan sien dat jy in Mamma se voetspore sal volg… Baie geluk aan jul, mag jul Huwelik net vol Blessings wees, als wat mooi is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.