
Die American Music Awards is vanjaar by die Microsoft-teater in Los Angeles aangebied. (Foto: Facebook)
Internasionale musieksterre het Sondagaand by die Microsoft-teater in Los Angeles, Kalifornië, byeengekom vir die toekenningsgeleentheid van die American Music Awards.
Taraji P Henson, die aktrise wat tans te sien is in die reeks Empire, het die geleentheid aangebied. Al die nodige Covid-19-protokol is streng gevolg, met slegs ʼn handjievol optredes, aanbieders en lede in die gehoor.
Die Kanadese sangers Justin Bieber en Shawn Mendes het die aand geopen met hulle nuwe enkelsnit, “Monster”. Bieber het ook twee van sy eie snitte, “Lonely” en “Holy”, uitgevoer.
Katy Perry was ook weer vir die eerste keer terug op die verhoog sedert die geboorte van haar dogtertjie in Augustus vanjaar. Sy en Darius Rucker het die lied “Only love” gesing.

Taraji P Henson het die geleentheid aangebied. (Foto: Facebook)
Die Amerikaanse kletsrymer Megan Thee Stallion het haar nuwe enkelsnit “Body” uitgevoer. Sy is ook met die toekenning vir gunstelingvrouekletsrymer huis toe. Dit is ʼn nuwe kategorie wat vanjaar saam met gunstelingmanskletsrymer, gunstelingmans- en gunstelingvrouekunstenaar, gunstelingalbum en gunsteling- Latynse liedjie ingestel is.
Doja Cat is as nuwe kunstenaar van die jaar aangewys terwyl Becky G as gunstelingvroue- Latynse kunstenaar, ook ʼn nuwe kategorie, aangewys is.
Blake Shelton se Fully Loaded: God’s Country is as beste country-album aangewys. The Weeknd se After Hours is as beste soul/R&B-album vereer.
The Weeknd en Roddy Ricch het die meeste benoemings vir die aand ontvang met agt elk. Taylor Swift is met die toekennings vir kunstenaar van die jaar, gunstelingmusiekvideo vir “Cardigan” en gunstelingvroue-poprock-kunstenaar vereer.
Swift is die rekordhouer vir die meeste aantal AMA’s wat deur ʼn solokunstenaar ingeoes is met 32 pryse.
Hier is ʼn volledige lys van die wenners.
- Jennifer Lopez. (Foto: Facebook)
- Megan Fox en haar nuwe kêrel, die musikant Machine Gun Kelly. (Foto: Facebook)
- Paris Hilton. (Foto: Facebook)
- Lewis Capaldi. (Foto: Facebook)
- Dua Lipa. (Foto: Facebook)
- Maluma. (Foto: Facebook)
- Ciara. (Foto: Facebook)
- Anthony Anderson van ‘Blackish’. (Foto: Facebook)
- Bebe Rexha. (Foto: Facebook)
- G-Eazy. (Foto: Facebook)
- Becky G. (Foto: Facebook)
- Travis Barker van die groep Blink-182. (Foto: Facebook)
- Christian Serratos van ‘The Walking Dead’. (Foto: Facebook)
- The Weeknd het ‘n bloederige verband om sy kop gehad om bewusmaking oor dronkbestuur te skep. (Foto: Facebook)
- Kristin Cavallari. (Foto: Facebook)
- Laverne Cox. (Foto: Facebook)
- Tayshia Adams van ‘The Bachelorette’. (Foto: Facebook)
- Taraji P Henson het die geleentheid aangebied. (Foto: Facebook)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Siek…die vrouens laat nie veel aan die verbeelding oor nie en die mans lyk of hul met n telefoon boek geklap is…gin wonder die bug vier hooggety daar nie.