Franja volg in ma Juanita se voetspore

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Franja du Plessis (Foto: Facebook via Franja du Plessis)

Die appel val gewis nie ver van dié boom nie. Franja du Plessis, dogter van die sangeres Juanita du Plessis, se debuutalbum word op 24 Junie uitgereik.

Franja het vroeër vandeesmaand aandag getrek toe sy ʼn lusmaker van haar eerste musiekvideo op Facebook gedeel het.

Dié liedjie, “Stad van verlange”, verskyn op haar album wat later vandeesmaand beskikbaar is. “Ek kan nie wag om my heel eerste musiekvideo met julle te deel nie! Ek is verby opgewonde en so ongelooflik dankbaar!” het sy op Facebook geskryf.

Aanhangers kan ook uitsien na ʼn duet saam met haar boetie Ruan, op die album. Dié twee is die eerste keer saam gehoor met die liedjie “Kaalvoetkind” wat hulle saam met Juanita opgeneem het.

Franja het haar ondersteuners “geterg” met die omslag van dié album. “Hier is dit nou! Na baie maande se harde werk en baie jare se wag, my heel eerste album, ‘My verhaal’, se omslag. Ek kan nie beskryf hoe opgewonde en dankbaar ek is nie! En ek kan nie wag om my musiek met julle te deel nie,” het sy laat hoor.

Franja is bekend vir haar vertolking van die karakter Marna de Jager in die fliek As jy sing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Althea ·

Pragtig!!!! Glo sy gaan dit maak, hoe dan anders met n ma soos Juanita

san ·

Dis wonderlik en Baie Geluk Franja !! ?? Wens jou alle sukses en vreugde met baie seen toe. Ons hoop iewers in die toekomsjare as jy jou drome en ideale bereik het, ons eendag n cd en video van Franja en Juanita saam sal kan sien en luister. Jynis net so pragtige mens soos jou Ma en wens ons jou net die beste en n geseende toekoms in die musiek bedryf toe. ????

Rietjie ·

San ek stem saam kan ook sien is ma se dogter. Pragtig hou so aan jou drome word waar en het waar geword.

Gesiggie ·

Baie geluk Franja… ja Ma se ewe beeld… Juanita is my gunsteling …. en so bly dat haar dogter in haar voetspore kan volg… kan nie wag vir die nuwe CD”’

Anell Fourie ·

Ek was darem uit my hart uit trots en dankbaar toe ek dit op haar FB blad sien, sy en haar boetie Ruan sing pragtig en ek dink hulle is pragtige jong mense met mooi waardes en blink toekoms watter beroep rigting hulle voete hul ookal laat stap, en ja, ek gaan beslis haar CD aanskaf, my jongste sing al haar ma se liedjies uit volle bors en glo hy gaan net so dol wees oor haar musiek

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.