‘Gangnam Style’ nié meer mees gekykte video op YouTube

‘n Skermskoot uit die video van Gangam Style.

Die Suid-Koreaanse popsensasie Psy se “Gangnam Style” is nie meer die mees gekykte video op YouTube nie.

Wiz Khalifa se liedjie “See You Again” saam met Charlie Puth spog nou met dié titel. Die video vir dié liedjie is teen Woensdagoggend meer as 2,902 miljard keer gekyk. “Gangnam Style” se video het sowat twee miljoen kyke minder.

Justin Bieber se video vir die liedjie “Sorry” is derde meeste gekyk, sowat 250 miljoen keer minder gekyk as die voorlopers.

Khalifa en Puth se liedjie “See You Again” is in 2015 uitgereik as ʼn huldeblyk aan die akteur Paul Walker van Fast and Furious-faam wat einde 2013 in ‘n motorongeluk dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Helizna ·

Wat ‘n pragtige man was Paul Walker nie… binne en buite…

Charmaine Griffiths ·

Daar is dit – die bewys dat die wereld se jongmense in pyn is. Die feit dat dit ‘n populere man soos Paul Walker en die Fast and Furious reeks so gewild is laat my dink die jongmense soek naarstigtelik na iemand om te bewonder en te vertrou en die ouer garde laat hul in die steek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.