Wiz Khalifa se liedjie “See You Again” saam met Charlie Puth spog nou met dié titel. Die video vir dié liedjie is teen Woensdagoggend meer as 2,902 miljard keer gekyk. “Gangnam Style” se video het sowat twee miljoen kyke minder.
Justin Bieber se video vir die liedjie “Sorry” is derde meeste gekyk, sowat 250 miljoen keer minder gekyk as die voorlopers.
Khalifa en Puth se liedjie “See You Again” is in 2015 uitgereik as ʼn huldeblyk aan die akteur Paul Walker van Fast and Furious-faam wat einde 2013 in ‘n motorongeluk dood is.
Wat ‘n pragtige man was Paul Walker nie… binne en buite…
Daar is dit – die bewys dat die wereld se jongmense in pyn is. Die feit dat dit ‘n populere man soos Paul Walker en die Fast and Furious reeks so gewild is laat my dink die jongmense soek naarstigtelik na iemand om te bewonder en te vertrou en die ouer garde laat hul in die steek.