Gerhard Steyn: ‘Afrikaans sal ek altyd wees’

Gerhard Steyn. Foto: Facebook via Gerhard Steyn

Gerhard Steyn. Foto: Facebook via Gerhard Steyn

Die sanger Gerhard Steyn, wat al vyftien jaar musiek maak in Suid-Afrika, het onlangs ʼn nuwe musiekvrystelling gemaak waarin hy sê Afrikaans is hier om te bly.

“Afrikaans is my begin en dit gaan my einde ook wees. Dis die taal van my hart – ek lees my Bybel daarin; as daar opsies is om te kies, dan kies ek dit in Afrikaans en ek leef in Afrikaans. Dis my herkoms en ek is lief vir die taal,” het die sanger gesê.

Hy vertel dit was vir hom belangrik om ook sy stem dik te maak oor Afrikaans. “As jou taal bedreig word, word jy bedreig. Dit laat my ook dan wonder oor wat eendag van ons kinders gaan word. Gaan hulle dit bloot nie praat nie? Dis deel van my kultuur en dit raak my wese aan.”

Sy musiekvideo het reeds baie positiewe reaksie ontvang. Daarin sing hy: “Verander al die name soos dit sommiges pas. Een ding is verseker; my hart verander nie. Ek is lief vir hierdie land. Ek is lief vir ons volk. Ek is baie trots om Afrikaans te wees.”

Gerhard het vertel hy hoop dié musiekvideo help om mense daarvan bewus te maak dat hulle die taal moet koester. “Toe daai manne van Tuks so vir ons taal opgestaan het, het my hart geswel. Ons moet mense leer dat hulle dit vir hulle kinders moet leer en dat hulle dit oral moet praat en bevorder.”

Hy sê Afrikaans gaan nie van hom of enigeen wat daarvoor baklei, weggevat word nie. “Jy kan nie my Bybel van my hande vat of my taal van my lippe skeur nie. Ek is lief daarvoor.”

Kyk die musievideo “Afrikaans sal ek altyd wees”.

[wpvideo iREfloFd]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Edna ·

Ek stem saam! Afrikaans is my taal en ek is trots daarop. Dit is die mooiste taal denkbaar.

JC ·

Hoendervleis!!Dankie. Dit IS die mooiste taal denkbaar. Afrikaans sal sterker aan die ander kant uitkom. Tukkies-manne en meisies- as ‘n oud Tukkie is ek bitter trots op julle vir wat julle gedoen het!Dankie Gerhard-jou video is lieflik.
Kom ons wees ook betogers en aktiviste vir Afrikaans.
Hulle se protesaksie is nie in Afrikaners se bloed nie-wel, die teendeel is bewys. Ons is ook Afrikane en SAL ook aktiviste wees vir ons taal Afrikaans! Ons sal letterlik ook toi-toi vir ons taal as dit moet! LANK LEWE ONS EN AFRIKAANS!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.