Gewilde Afrikaanse musiekgroep se paaie skei

NRG

NRG is die nuwelinge op hierdie week se Top 20. Foto: Facebook.

NRG se stoom is op. Die gewilde Afrikaanse musiekgroep het Vrydag aangekondig hul paaie gaan skei.

Die groep, wat bestaan het uit Christian Botha, Abel Knobel en Stephan van Huyssteen, maak sedert 2011 musiek en is bekend vir hul energieke en elektro-pop klank.

Die groep het in ʼn verklaring gesê hulle het as trio besluit om halt te roep omdat elkeen aan sy eie loopbaan wil begin werk.

“Ons het elkeen ander sterk talente wat ons graag verder wil ontwikkel en bevorder,” het hulle gesê.

Hulle gaan egter nie ophou musiek maak nie. “Elkeen van ons is solo-kunstenaars in eie reg met baie uiteenlopende style, elk met hul eie mark en potensiaal, wat ons graag verder wil ontwikkel. Dit was ’n fantastiese pad tot hier toe en daarvoor is ons onbeskryflik dankbaar, maar wat nou voorlê is vir elkeen van ons selfs meer opwindend.”

Die lede van die voormalige groep raai aanhangers aan om steeds elkeen se individuele Facebook-blaaie dop te hou vir nuwe vrystellings en verrassings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alete Muller ·

Ek het nog nooit van hulle gehoor nie, my musikale vriende ook nie. Gewild????

Daleen ·

Ai toggie Alete! Lewe jy… en woon jy in Suid-Afrika? En stel jy belang in Afrikaanse musiek? Lyk nie so nie. Hulle maak al jare lank wonderlike musiek… luister gerus op YouTube na NRG (uitspraak Energie).
Verder is Christian Botha die ouer broer van Burgerd Botha wat deel was van Romanz (wie se vrou hom onlangs verlaat het vir Gerrie Pretorius).
Christian is ook ‘n vooraanstaande vervaardiger van musiekvideo’s, het al NRG se video’s vervaardig, asook dié van baie ander kunstenaars.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.