Gewilde Amerikaanse duo binnekort in SA

The Bellamy Brothers (Foto: Verskaf)

Die Amerikaanse country-musiekgroep The Bellamy Brothers is in November vanjaar in drie groot dorpe in Suid-Afrika én Namibië te sien.

Die groep skop dié warrelwindtoer af met ʼn optrede in Windhoek op 24 November. Hulle is daarna op 25 November die oggend in Kaapstad te sien, op 26 November in Johannesburg by Carnival City se Big Top Arena en op 29 November in Krugersdorp.

Dié groep bestaan uit die broers David Milton en Homer Howard Bellamy.

“Ons het nou selfs groter gehore as in die tagtigerjare,” vertel Howard. “Ek dink die mense wat saam met ons en ons musiek ouer geword het, het ʼn hele nuwe generasie grootgemaak wat ook van The Bellamys se musiek hou. Nou daag dié kinders as studente by ons konserte op en hulle geniet ons musiek – dis ʼn wonderlike gevoel.”

The Bellamy Brothers het in die laat 1970’s roem verwerf met hul liedjie “Spiders & Snakes” en daarna ʼn wêreldbekende country-duo geword wat treffers soos “If I Said You Had a Beautiful Body (Would You Hold It Against Me)”, “Crazy From The Heart” en “Old Hippie”. Hulle grootste treffer ná “Spiders & Snakes”, “Let Your Love Flow”, het vir langer as twee maande die nommer 1-posisie op internasionale treffersparades beklee.

Die groep hou die rekord vir die meeste benoemings vir ʼn Academy of Country Music-toekenning én die Country Music Association-toekennings vir ʼn groep in die geskiedenis van dié toekennings. Hulle het al 29 studio-albums vrygestel en sowat 11 ander kompilasie-albums.

Kaartjies vir al die konserte is beskikbaar op Computicket.

The Bellamy Brothers (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Valerie ·

Dankie tog. Nie nakende vrouens wat probeer sing of wat vieslike agenda’s probeer afdruk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.