Gewilde klavierspeler van weleer oorlede

Taffie KikilusDie gewilde klavierspeler en akteur van die 1940’s en 1950’s, Taffie Kikilus, is Maandag in die ouderdom van 87 jaar oorlede weens komplikasies nadat hy ‘n beroerte gehad het.
Hy het ook in omtrent tien rolprente, onder meer Kom saam vanaand, Altyd in my drome en Hier’s ons weer opgetree, asook in Matieland, waarin die gewese rugbybaas dr. Danie Craven ook te sien was. Hy was die eerste Suid-Afrikaanse klavierspeler wat ‘n langspeelplaat opgeneem het nadat hy reeds op ‘n baie jong ouderdom musiek begin komponeer het. Hy is deur die legendariese orkesleier Hendrik Susan ontdek en het later by die orkes van die trekklavierspeler Nico Carstens aangesluit.

Kikilus se seun, Karl, het groot bekendheid as radio-omroeper en televisieaanbieder in die 1980’s verwerf , en word veral onthou vir televisieprogramme soos Video 2 en Pop Shop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.