Gewilde SA-groep open vir Guns N’ Roses

Wonderboom. (Foto: Verskaf)

Wonderboom. (Foto: Verskaf)

Die gewilde Suid-Afrikaanse rockgroep Wonderboom het Donderdag amptelik bekend gemaak dat hulle saam met die Amerikaanse rockgroep Guns N’ Roses sal optree wanneer hul konsert in November in Johannesburg plaasvind.

Guns N’ Roses, met die bekende rocker Axl Rose op die voorgrond, kom vir die eerste keer Suid-Afrika toe met hul Not in This Lifetime-toer. Die konsert vind op 29 November by die FNB-stadion in Johannesburg plaas.

Wonderboom, wat reeds vir 22 jaar op die Suid-Afrikaanse musiektoneel is, is opgewonde oor dié geleentheid. Die groep is veral bekend vir treffers soos “Charlie”, “Johnny is nie dood nie” en “Shadows”.

“Dit is nie ʼn maklike taak om vir so lank een van Suid-Afrika se grootste en mees legendariese groepe te wees nie,” vertel die manne van Wonderboom.

Die groep het nege albums vrygestel en is vir vyf Sama-toekennings vir beste rockgroep benoem. Wonderboom het ook die Suid-Afrikaanse been van die Global Battle of the Bands-kompetisie in 2004 gewen en het die tweede plek behaal in die finale ronde wat by die Londense Astoria-musiekvenue plaasgevind het. Dié wêreldbekende venue is in 2009 gesloop.

Kaartjies vir die Guns N’ Roses-vertoning op 29 November is te koop by Computicket.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Jo ·

Was n plesier om hulle te sien by die reunion by Koppi! Sien uit na die show! n FVC sou ook gedoen het.

ai ·

Belaglike kaartjiepryse! Regtigwaar weet hulle wat die SA Rand werd is??

KL ·

Hulle weet wat hulle werd is, as n kaartjie R200 was, was dit glad nie die moeite werd om oor te kom nie, soos jy sê, weet jý wat die Rand werd is?

ai ·

Jip KL ek weet baie goed. Dis steeds belaglike pryse en as hulle (skatryk ouens) soos Sting destyds spesiaal sy kaartjies goedkoper gemaak het omdat hy besef hoeveel van sy volgelinge wou hom sien het ek respek gehad. Het jy ‘n slegte Vrydag gehad?!

Terloops ·

Johnny is nie dood nie is Koos Kombuis se liedjie, Charlie is Rabbit s’n en Shadows is Evoid s’n. Wonderboom het al drie liedjies net ge-“cover”.

Musi ·

@Terloops, as jy elke band wil nagaan wat “gecover” het, gaan jy terduisendes kry, insluitend Greenday, Johnny Cash, wel Elvis wat NIKS geskryf het nie, Beatles en die lys gaan aan.

Misgetref ·

@Musi, waarom dan nie stel dat die groep veral bekend is daarvoor dat hulle ander kunstenaars se treffers “cover” nie? Dit sou egter ook vals wees. Meeste kunstenaars “cover” van tyd tot tyd ander kunstenaars se liedjies en Wonderboom het baie van hulle eie musiek (nes jou voorbeelde). Dat Elvis nie sy eie musiek geskryf het nie is irrelevant – die liedjies is vir hom geskryf om op te voer).

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.