Ghoema-benoemings: Coenie, Adam en Joshua na die Reën swaai septer

Ghoema-toekennings (Foto: kykNET)

Ghoema-toekennings (Foto: kykNET)

Die benoemings vir die jaarlikse Ghoema-toekennings is Dinsdag amptelik bekendgemaak.

Dié toekennings, wat vanjaar vir die sesde keer uitgedeel word, vereer die beste Suid-Afrikaanse musiektalent vir hul jongste werk.

By verlede jaar se toekennings het die sangers Elvis Blue, Francois van Coke en Karen Zoid met die meeste beeldjies huis toe gegaan, maar vanjaar gaan Coenie de Villiers, Adam en Joshua na die Reën, elk met vier benoemings, meeding vir die kunstenaar wat in 2017 die meeste toekennings inryg.

Snotkop is ʼn kortkop agter met drie benoemings, terwyl Franja du Plessis, Arno Carstens en Riana Nel elkeen met twee benoemings spog.

Die Ghoemas het vanjaar ʼn effense gedaanteverwisseling ondergaan. Drie kategorieë is vanjaar bygevoeg om ʼn breër diversiteit kunstenaars die geleentheid te gee om benoem te word: Die publiek se gunsteling-manskunstenaar, die publiek se gunsteling-vrouekunstenaar en die publiek se gunstelinggroep.

Die wenners in die kategorieë word aangewys deur middel van ʼn stemproses waaraan die publiek deelneem. Indien jy vir jou gunstelingkunstenaar wil stem, besoek die Ghoema-webwerf vir hul spesiale kode wat jy per SMS kan stuur.

Die Ghoemas word op 23 April by die Emperors Palace in Kempton Park gehou.

Só lyk die benoemings:

Nuweling van die jaar

  • Franja du Plessis – My Verhaal
  • Hailey Clark – Deurmekaar
  • Marno van der Merwe – Kalm Jou Army
  • Refentse – My Hart Bly In ’n Taal
  • Wolwe-Dans – Groete Van My

Beste liedjie van die jaar

  • Adam – “Hoogtevrees” (Geskryf deur Hugo Ludik/Reynardt Hugo)
  • Coenie de Villiers – “Notting Hill” (Geskryf deur Coenie de Villiers)
  • Joshua na die Reën – “Die Wêreld Binne My” (Geskryf deur Joshua na die Reën)
  • Joshua na die Reën – “Vir Altyd” (Geskryf deur Joshua na die Reën)
  • Snotkop – “Cool Soos Koos Kombuis” (Geskryf deur Francois Henning/Adolf Vorster/Don Kelly/Dirk van Niekerk)

Beste hip-hop-liedjie van die jaar

  • Early B – “Bene Lam” (Geskryf deur Earl-Henri Swartz oftewel Early B)
  • Early B – “Cerebellum” (Geskryf deur Earl-Henri Swartz)
  • Hemelbesem – “Noem My Skollie” (Geskryf deur Hemelbesem en Stuart Claasen)
  • Jerome Rex – “Fynskrif” (Geskryf deur Jerome Rex)
  • Linkris – “Game Change” Gazi (Geskryf deur Linkris en Grath Linx)

Beste pop-album deur ʼn manskunstenaar

  • Elvis se Seun – Jy Speel ʼn Game Met My
  • Gerhard Steyn – Hartvanger
  • Juan Boucher – Dis Wie Ek Is
  • Kurt Darren – Sal Jy Met My Dans?
  • Snotkop – Hkgk

Beste pop-album deur ’n vrouekunstenaar

  • Charlize Berg – As Jy Weet Dis Liefde
  • Franja du Plessis – My Verhaal
  • Hailey Clark – Deurmekaar
  • Liza Bronner – Dans Op Jou Eie
  • Talana – My Hart Se Kunswerk

Beste kontemporêre album deur ’n manskunstenaar

  • Coenie de Villiers – Emoji
  • Dewald Wasserfall – Jy Is Die Storm
  • Joe Niemand – Vryheid
  • Joshua na die Reën – Die Wêreld Binne My
  • Ricus Nel – Ouskool-Boerseun

Beste kontemporêre album deur ’n vrouekunstenaar

  • Anne-Marie van Eeden – Winter
  • Candy Benson – Onweerstaanbaar
  • Laurika Rauch – Die Reis
  • Marlene Vermaas – My Storie
  • Riana Nel – Jy Sal Weet

Beste album deur ’n duo of groep

  • 4werke – 4warm
  • Adam – Hoogtevrees
  • Jay en Lianie – Vir Liefde
  • Touch Of Class – 100 Duisend Perde
  • Twee – Piekniek Vir Twee

Beste geestelike album

  • Adam Barnard & Henri Scott – Hallelujah SA
  • Broers – Die Heiland Is Gebore
  • Duis:Lig – Dans
  • Melanie – Paspoort
  • Tobi Jooste – Die Katedraal

Beste kinderalbum of -DVD

  • Die Klikkerlanders (Verskeie kunstenaars) – Klikkerland! #3 (DVD)
  • Helenè Bester en Kristi Kat – Op Die Plaas
  • Jonkman & Baartman – Jonkman & Baartman Sing Nuwe Lawwe Liedjies
  • Nedine Blom – Wiskunde Is Supercool
  • Verskeie kunstenaars – Afrikaans Gaan Klein Vol. 1

Beste alternatiewe album

  • Arno Carstens – Die Aandblom 13
  • Bouwer Bosch – Hopelik
  • Jan Rhaap – Opge-Rhaap
  • Moses Metro Man – Spektrum
  • Wouter van de Venter – Toe Roep Jy My

Beste boeremusiek-album of tradisionele musiekalbum

  • Die Jaloersbokkies – Die Jaloersbokkies: Piekniekliedjies
  • Die Ventertjies – Wikkel Vingers
  • Hennie de Bruyn & Die Kitaarkêrels – Bosveld Kitare
  • Klipwerf – Die Platinum DVD & CD Versameling
  • Rooies – Koedoe Bul

Beste instrumentele album

  • Gaston – Kitaar Is My Taal
  • Sean Butler – Woord’loos Reeks: Inspirasie
  • Sean Butler – Woord’loos Reeks: Kersfees
  • Sean Butler – Woord’loos Reeks: Liefde
  • Sean Butler – Woord’loos Reeks: Toeka

Beste ligte klassieke Afrikaanse album

  • Con Grazia – Kosmos
  • Henry van Dyk – Sommer So
  • Venitia Rose – My Wens / My Wish

Beste country-album

  • Die Campbells – Bloed Is Dikker As Water
  • DZL – DZL
  • Elizma Theron – Boeregirl Met ʼn Countryhart
  • Jennifer Zamudio – Ongelooflik
  • Kerry Lee – Dans In Die Reën

Beste musiekvideo

  • Adam – “Vergifnis” (Regie: Jay Loots – Fathom Media)
  • Jay en Lianie – “Vir Liefde” (Regie: Gerhard van Rooyen)
  • Kurt – “Kaalvoet Sokkie” (Regie: Christian Wolf van Brickwolf Creatives)
  • Snotkop – “Cool Soos Koos Kombuis” (Regie: Christian Wolf van Brickwolf Creatives)
  • Twee – “Piekniek Vir Twee” (Regie: Suzanne & Gavin Sterley – Cross Processed Pictures)

Beste liedjieskrywer

  • Arno Carstens
  • Christoph Kotze
  • Coenie de Villiers
  • Johan Vorster
  • Joshua na die Reën (Jacques de Villiers)
  • Riana Nel

Beste vervaardiger

  • Christie Schutte
  • Coenie de Villiers & Jaconell Mouton
  • Dirk van Niekerk
  • Fred den Hartog
  • JB Arthur

Bron: kykNET

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SUSAN LOTTER ·

hoekom is die beste afr sanger nl STEVE HOFMEYER NIE BENOEM

Amanda ·

Joshua na die reën is in alles die beste. Eg, uiters talentvol en nederig. Gaan kyk na sy vertonings. Dit is DIE beste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.