Ghoemas 2018: Hier is die benoemings

ghoema 2018Die benoemings vir die jaarlikse kykNET Ghoema-toekennings is Woensdagoggend amptelik bekendgemaak.

Dié toekennings, wat vanjaar vir die sewende keer uitgedeel word, vereer die beste Suid-Afrikaanse musiektalent vir hul jongste werk.

Caroline-Grace en Fatman, wat beide deelnemers aan die gewilde sangkompetisie The Voice was, is benoem in die kategorie vir beste nuweling. Elandré, Jo Black en die musiekgroep Tussen Sterre is ook in dié kategorie benoem.

Drie van Elvis Blue se liedjies, sowel as Dewald Wasserfall se “Laat die lig inkom” en Touch of Class se “Val op jou knieë” is benoem in die kategorie van beste komposisie van die jaar. “Skree”, wat deur Steve Hofmeyr en Riana Nel geskryf is, is ook in dié kategorie genomineer.

Die popsangeresse Irene-Louise van Wyk en Karlien van Jaarsveld ding saam met Heidi, Eva Morgan en Sharoney mee in die kategorie vir beste pop-album deur ʼn vroulike kunstenaar.

Willem Botha se Soen en Vergeet is saam met Brendan Peyper se Hy loop oop en Jay se So lank sal ek jou liefhê benoem vir beste pop-album deur ʼn manlike kunstenaar.

Die kletsrymer Hemelbesem en sy vrou, Yoma, is ook beide genomineer in die kategorie vir beste Afrikaanse hip-hop-liedjie van die jaar, asook Chace Lutron, Early B en Hakkiesdraad Hartman.

Jak de Priester se 15 Jaar is saam met Jo Black se Skepe, Elvis Blue se Die brug, Refenste se Deur my venster en Steve Hofmeyr se Skree benoem vir beste kontemporêre album deur ʼn manlike kunstenaar.

Lianie May, Caroline-Grace, Liezel Pieters, Lizandra Winter en Monique Steyn se jongste albums is genomineer in die kategorie vir beste kontemporêre album deur ʼn vroulike kunstenaar.

Verlede jaar het die Afrikaanse sanger Refentse behoorlik koning gekraai nadat hy met niks minder nie as vier toekennings huis toe is. Franja du Plessis, Joshua na die Reën en Snotkop het ook verlede jaar elk twee van dié gesogte beeldjies gekry.

Die benoemings vir die kategorieë vir album van die jaar, manlike en vroulike kunstenaars van die jaar, groep van die jaar asook digitale album en liedjie van die jaar, luitoon van die jaar en gewildste liedjie van die jaar word eers tydens die toekenningsgeleentheid aangekondig.

Die geleentheid vind op 29 April by Emperor’s Palace se Theatre of Marcellus in Johannesburg plaas en word vir die tweede jaar regstreeks op kykNET DStv-kanaal 144 uitgesaai.

Só lyk die benoemings:

Nuweling van die jaar
Caroline Grace – Eindelose liefde
Elandré – Kleindorp-dromer
Fatman – Boom Baby
Jo Black – Skepe
Tussen Sterre – Kosmies

Beste komposisie van die jaar
Elvis Blue – “Die brug” (Skrywer: Elvis Blue)
Elvis Blue – “Elke hart” (Skrywer: Elvis Blue)
Elvis Blue – “Werner” (Skrywer: Elvis Blue)
Dewald Wasserfall – “Laat die lig inkom” (Skrywer: Dewald Wasserfall)
Steve Hofmeyr en Riana Nel – “Skree” (Skrywer: Riana Nel/Elvis Blue)
Touch of Class – “Val op jou knieë” (Skrywer: Riana Nel)

Beste Afrikaanse hip-hop-liedjie van die jaar
Chase Lutron – “Afrikaansebet” (Skrywer: Chase Lutron)
Early B ft. DJ Azhul – “Lyn Kyk” (Skrywer: Earl Swartz [Early B])
Hakkiesdraad Hartsman – “Surge et Insta” (Skrywer: Jason Hartman)
Hemelbesem – “Is dope” (Skrywer: S. Witbooi/S Claassen)
Yoma – “Wille kat” (Skrywer: C. Witbooi)

Beste pop-album deur ’n manlike kunstenaar
Brendan Peyper – Hy loop oop
Jay – So lank sal ek jou liefhê
Kurt Darren – Laat die dansvloer brand
Ray Dylan – Uitbasuin
Willem Botha – Soen en vergeet

Beste pop-album deur ʼn vroulike kunstenaar
Eva Morgan – Ek is
Heidi – Wat ’n hart laat lag
Irene Louise van Wyk – Sjampanje
Karlien van Jaarsveld – Sing vir liefde
Sharoney – Skyn

Beste kontemporêre album deur ʼn manlike kunstenaar
Elvis Blue – Die brug
Jak de Priester – 15 Jaar
Jo Black – Skepe
Refentse – Deur my venster
Steve Hofmeyr – Skree

Beste kontemporêre album deur ʼn vroulike kunstenaar
Caroline Grace – Eindelose liefde
Lianie May – Iemand om lief te hê
Liezel Pieters – Sing my hart uit
Lizandra Winter – Lizandra Winter
Monique Steyn – Mosaïek

Beste album deur ’n duo of groep
Anders – Bruid
CH2 – Insomnia
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Kaleidoskoop – Gunsteling seisoen
Saarkie – Queen van die toorbos

Beste geestelike album
Anders – Bruid
Juanita du Plessis – Koningskind
Kevin Leo – XXI
Manne wat Glo – Manne wat Glo 3
Retief Burger – Alles

Beste kinder-album of dvd
Doddi Sing – Kleure van die vlag
Klikkerland – Klikkerland DVD Vol 4
Klikkerland – Die liedjies wat ons sing (CD)
Onbeskaamd – Nie van hier af nie
Piet Smit – Liedjies en rympies

Beste alternatiewe album
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Francois van Coke – Hierdie is die lewe
Gian Groen – #AlsIsNetLekker
Herman Kleinhans – Kamer 4
Spoegwolf – Die donker toring

Beste rock-album
Linda Kilian – My Hart
Saarkie – Queen van die toorbos
Tussen Sterre – Kosmies
Willim Welsyn – Blitzkriek

Beste boere- of tradisionele musiek-album
Hannes Schoeman en Nico Bom – Koffietyd
Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels – Kalahari skoffeltyd
Kannie Warries Dansorkes – Witwarm kitaar klanke
Kosie Beukes – Konsertina kaskenades
Ricus Nel – Bring hulde aan Worsie Visser

Beste instrumentele album
CH2 – Insomnia
Deca – Black Sails
Ockie Vermeulen – Organic
Rocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns 2

Beste ligte klassieke Afrikaanse album
Bekoor – Kersfees
Michael Tushki – My lewe
Ons Lieflinge – Miljoene stemme

Beste country-album
Corné – Ritme van my hart
Elandré – Kleindorp-dromer
Nico Booijse – Moet my nooit laat gaan nie
Skarlaken – Skarlaken

Beste titel van musiekvideo
Appel: Musiekvideo-trilogie – “Lei my na die water/Kom en lê my neer/Vroumens” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Jay – “So lank sal ek jou liefhê” (Regie: Christian Wolf/JC Snooke/Jennis Williamson/Johan C. Venter – Brickwolf Creatives/Life in a Bulb/Coleske Artists)
Jo Black – “Bring die hoop weer terug” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Juanita du Plessis – “Koningskind” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Robbie Wessels – “Mphe di hoenor” (Regie: Clinton Lubbe Productions)

Beste liedjieskrywer – solo
Anton Goosen
Chris Chameleon
Elandré
Elvis Blue
Steve Hofmeyr

Beste liedjieskrywer – samewerkingsgroep
Adéle Fouché & Mjön van Blommenstein
Brendan Peyper & Niel Schoombee
Koos van der Merwe & Matthys Maree
Kurt Darren/Niel Schoombee/Don Kelly
Pierre Greeff/Hunter Kennedy/Fred den Hartog
Roux Cloete & Niel Schoombee

Beste vervaardiger – solo
Danny Smoke
Fred den Hartog
Gideon Botes
Johan Oberholzer
Theo Crouse

Beste vervaardiger – samewerkingsgroep
Chris von Wielligh & Jürgen von Wechmar
Elvis Blue & Ewald Janse van Rensburg
Fred den Hartog & Johnny de Ridder
Leon Gropp/Sean Manley/Christiaan Kritzinger
Theo Crouse & Karen Zoid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.