Ghoema’s 2018: Sterre gaan vanaand vir goud

ghoema 2018Die Afrikaanse musiekbedryf is al weke lank in rep en roer in afwagting vir die jaarlikse Ghoema-musiektoekennings.

Dié glansgeleentheid vind Sondagaand in die Theatre of Marcellus by Emperors Palace in Gauteng plaas en word deur kykNET aangebied. Willem Botha en die bebaarde sanger Jo Black open die geleentheid. Botha tree ook as seremoniemeester vir die aand op.

Kykers kan vanaand om 20:00 voor die kassie inskuif vir die regstreekse uitsending van dié gesogte musiektoekenningsgeleentheid, wat reeds sedert 2011 ʼn gunsteling vir Afrikaanse musieksterre is.

Die toekennings vereer die beste Afrikaanse musiektalent vir hul jongste werk en vanjaar is gewilde sangers soos Elvis Blue, Steve Hofmeyr en Riana Nel asook nuwelinge soos Elandré en Jo Black onder die benoemdes.

Caroline-Grace en Fatman van The Voice-faam is albei benoem in die kategorie vir beste nuweling.

Die popsangeresse Irene-Louise van Wyk en Karlien van Jaarsveld ding saam met Heidi, Eva Morgan en Sharoney mee in die kategorie vir beste pop-album deur ʼn vrouekunstenaar.

Willem Botha se “Soen en vergeet” is saam met Brendan Peyper se “Hy loop oop” en Jay se “So lank sal ek jou liefhê” benoem vir beste pop-album deur ʼn manskunstenaar.

Die kletsrymer Hemelbesem en sy vrou, Yoma, is ook albei benoem in die kategorie vir beste Afrikaanse hip-hop-liedjie van die jaar, asook Chace Lutron, Early B en Hakkiesdraad Hartman.

Die benoemings vir die kategorieë vir album van die jaar, mans- en vrouekunstenaar van die jaar, groep van die jaar asook digitale album en liedjie van die jaar, luitoon van die jaar en gewildste liedjie van die jaar word eers tydens die toekenningsgeleentheid aangekondig.

Die beoordeling word gedoen deur sowat 30 onafhanklike beoordelaars en word volgens ʼn geouditeerde puntestelsel gedoen en word gegrond op vasgestelde kriteria. Drie van die kategorieë word bepaal deur stemme van die publiek terwyl vier van die kategorieë bepaal word deur kommersiële trefkrag en statistieke. Vier van die kategorieë word deur ʼn kombinasie van die bogenoemde bepaal.

Só lyk die benoemings:

Nuweling van die jaar
Caroline Grace – Eindelose liefde
Elandré – Kleindorp-dromer
Fatman – Boom Baby
Jo Black – Skepe
Tussen Sterre – Kosmies

Beste komposisie van die jaar
Elvis Blue – “Die brug” (Skrywer: Elvis Blue)
Elvis Blue – “Elke hart” (Skrywer: Elvis Blue)
Elvis Blue – “Werner” (Skrywer: Elvis Blue)
Dewald Wasserfall – “Laat die lig inkom” (Skrywer: Dewald Wasserfall)
Steve Hofmeyr en Riana Nel – “Skree” (Skrywer: Riana Nel/Elvis Blue)
Touch of Class – “Val op jou knieë” (Skrywer: Riana Nel)

Beste Afrikaanse hip-hop-liedjie van die jaar
Chase Lutron – “Afrikaansebet” (Skrywer: Chase Lutron)
Early B ft. DJ Azhul – “Lyn Kyk” (Skrywer: Earl Swartz [Early B])
Hakkiesdraad Hartsman – “Surge et Insta” (Skrywer: Jason Hartman)
Hemelbesem – “Is dope” (Skrywer: S. Witbooi/S Claassen)
Yoma – “Wille kat” (Skrywer: C. Witbooi)

Beste pop-album deur ’n manskunstenaar
Brendan Peyper – Hy loop oop
Jay – So lank sal ek jou liefhê
Kurt Darren – Laat die dansvloer brand
Ray Dylan – Uitbasuin
Willem Botha – Soen en vergeet

Beste pop-album deur ʼn vrouekunstenaar
Eva Morgan – Ek is
Heidi – Wat ’n hart laat lag
Irene Louise van Wyk – Sjampanje
Karlien van Jaarsveld – Sing vir liefde
Sharoney – Skyn

Beste kontemporêre album deur ʼn manskunstenaar
Elvis Blue – Die brug
Jak de Priester – 15 Jaar
Jo Black – Skepe
Refentse – Deur my venster
Steve Hofmeyr – Skree

Beste kontemporêre album deur ʼn vrouekunstenaar
Caroline Grace – Eindelose liefde
Lianie May – Iemand om lief te hê
Liezel Pieters – Sing my hart uit
Lizandra Winter – Lizandra Winter
Monique Steyn – Mosaïek

Beste album deur ’n duo of groep
Anders – Bruid
CH2 – Insomnia
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Kaleidoskoop – Gunsteling seisoen
Saarkie – Queen van die toorbos

Beste geestelike album
Anders – Bruid
Juanita du Plessis – Koningskind
Kevin Leo – XXI
Manne wat Glo – Manne wat Glo 3
Retief Burger – Alles

Beste kinder-album of DVD
Doddi Sing – Kleure van die vlag
Klikkerland – Klikkerland DVD Vol 4
Klikkerland – Die liedjies wat ons sing (CD)
Onbeskaamd – Nie van hier af nie
Piet Smit – Liedjies en rympies

Beste alternatiewe album
Die Heuwels Fantasties – OKAY!
Francois van Coke – Hierdie is die lewe
Gian Groen – #AlsIsNetLekker
Herman Kleinhans – Kamer 4
Spoegwolf – Die donker toring

Beste rock-album
Linda Kilian – My hart
Saarkie – Queen van die toorbos
Tussen Sterre – Kosmies
Willim Welsyn – Blitzkriek

Beste boere- of tradisionele musiekalbum
Hannes Schoeman en Nico Bom – Koffietyd
Hennie de Bruyn en die Kitaarkêrels – Kalahari skoffeltyd
Kannie Warries Dansorkes – Witwarm kitaar klanke
Kosie Beukes – Konsertina kaskenades
Ricus Nel – Bring hulde aan Worsie Visser

Beste instrumentele album
CH2 – Insomnia
Deca – Black Sails
Ockie Vermeulen – Organic
Rocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns 2

Beste ligte klassieke Afrikaanse album
Bekoor – Kersfees
Michael Tushki – My lewe
Ons Lieflinge – Miljoene stemme

Beste country-album
Corné – Ritme van my hart
Elandré – Kleindorp-dromer
Nico Booijse – Moet my nooit laat gaan nie
Skarlaken – Skarlaken

Beste titel van musiekvideo
Appel: Musiekvideo-trilogie – “Lei my na die water/Kom en lê my neer/Vroumens” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Jay – “So lank sal ek jou liefhê” (Regie: Christian Wolf/JC Snooke/Jennis Williamson/Johan C Venter – Brickwolf Creatives/Life in a Bulb/Coleske Artists)
Jo Black – “Bring die hoop weer terug” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Juanita du Plessis – “Koningskind” (Regie: Gerhard van Rooyen – GVR)
Robbie Wessels – “Mphe di hoenor” (Regie: Clinton Lubbe Productions)

Beste liedjieskrywer – solo 
Anton Goosen
Chris Chameleon
Elandré
Elvis Blue
Steve Hofmeyr

Beste liedjieskrywer – samewerkingsgroep 
Adéle Fouché & Mjön van Blommenstein
Brendan Peyper & Niel Schoombee
Koos van der Merwe & Matthys Maree
Kurt Darren/Niel Schoombee/Don Kelly
Pierre Greeff/Hunter Kennedy/Fred den Hartog
Roux Cloete & Niel Schoombee

Beste vervaardiger – solo 
Danny Smoke
Fred den Hartog
Gideon Botes
Johan Oberholzer
Theo Crouse

Beste vervaardiger – samewerkingsgroep 
Chris von Wielligh & Jürgen von Wechmar
Elvis Blue & Ewald Janse van Rensburg
Fred den Hartog & Johnny de Ridder
Leon Gropp/Sean Manley/Christiaan Kritzinger
Theo Crouse & Karen Zoid

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.