Ghoemas: 7 benoemings vir Elvis Blue

Die Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings vind vanjaar op 24 Maart by die Pretoria Staatsteater plaas. Foto: Facebook

Die Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings vind vanjaar op 24 Maart by die Pretoria Staatsteater plaas. Foto: Facebook

Die benoemings vir die jaarlikse Ghoema-toekennings, die toekennings waarmee die beste Suid-Afrikaanse musiektalent vereer word, is pas bekendgemaak. Kunstenaars soos Juanita du Plessis, Carike Keuzenkamp, Elvis Blue en Karlien van Jaarsveld tel onder vanjaar se benoemdes.

Elvis Blue is benoem in kategorieë vir beste kunstenaar, beste liedjie, beste kontemporêre album deur ʼn manskunstenaar, beste musiekvideo vir “Die hemel” sowel as “Êrens in die middel van nêrens” en vir die beste regstreekse video-opname vir Hart en see saam met Laurika Rauch.

Die wenners word aangewys deur ʼn beoordelaarspaneel wat bestaan uit kundiges in die bedryf, maar die publiek kan ook hulle stemme uitbring. Die publiek kan spesiale kodes van hul gunsteling-kunstenaars op die Ghoema-webwerf kry en dit stuur na 39953 teen R1,50 per SMS. Die nasionale openbare stemveldtog het op Woensdag 16 Maart om 12:00 begin. Die laaste geleentheid om vir jou gunsteling te stem is 8 April om 12:00.

Die Ghoema-prysaand vind op 25 April in die Joburg-teater plaas.

Kyk hier wie is almal benoem:

Manskunstenaar van die jaar

  • Elvis Blue
  • Retief Burger
  • Ray Dylan
  • Len Muller
  • Brendan Peyper
  • Francois van Coke
  • Andries Vermeulen

Vrouekunstenaar van die jaar

  • Andriëtte
  • Juanita du Plessis
  • Carike Keuzenkamp
  • Leah
  • Karlien van Jaarsveld

Groep van die jaar

  • Afrikaans Herlaai
  • Anders
  • Die Kelbers
  • Saarkie
  • Spoegwolf

Beste liedjie van die jaar

  • Kurt Darren (met Don Kelly en Marc Brendon) – “Ek wens vir jou”
  • Elvis Blue – “Die hemel”
  • Pierre Greef en Riana Nel – “Doen net wat ons wil”
  • Johan Vorster en Ewald Coleske – “Met jou klere aan”
  • Francois van Coke en Karen Zoid – “Toe vind ek jou”

Nuweling van die jaar

  • Afrikaans Herlaai
  • Leah
  • Len Muller
  • Nagligte
  • Brendan Peyper
  • Stiaan Reynierse

Beste pop-album deur ʼn manskunstenaar

  • Dewald Dippenaar – Een uit ʼn miljoen
  • Ray Dylan – Reg hier in die middel
  • Joe Foster – Hartklank
  • Vaughan Gardiner – Sit vanaand op herhaal
  • Brendan Peyper – Stop, wag, bly nog ʼn bietjie

Beste pop-album deur ʼn vrouekunstenaar

  • Juanita du Plessis – Toe staan die wêreld
  • Liila – Losdans
  • Samy – Storieboek prins
  • Karlien van Jaarsveld – My hartjie

Beste kontemporêre album deur ʼn manskunstenaar

  • Elvis Blue – Êrens in die middel van nêrens
  • Jak de Priester – Ek reis na gister
  • Louis Loock – Skatkis/Tesoro
  • Bok van Blerk – Sing Afrikaner sing
  • André Venster – Die man vir jou

Beste kontemporêre album deur ʼn vrouekunstenaar

  • Andriëtte – Pêrel vir ʼn kroon
  • Carike Keuzenkamp – 5 Dekades van
  • Leah – Wonderwerk
  • Sorina – Hoofletters
  • Jennifer Zamudio – 15 jaar spesiale uitgawe

Beste album deur ʼn duo of groep (pop/kontemporêr)

  • Afrikaans Herlaai – Hier kom ʼn ding
  • Anders – #Ek onthou
  • Heuning – Drome
  • Krone (Verskeie kunstenaars) – Krone 3
  • Saarkie – Reisiger

Beste kinderalbum of DVD

  • Bennie Boekwurm vertel lekker stories
  • Carike Keuzemkamp – Carike, Ghoempie en Ghoegoe se vakansie (Vol. 11)
  • Clarice en die reënboogkidz – Clarice en die reënboogkidz
  • Jan de Wet – Jan de Wet en die loflaaities: Loof Jesus
  • Liane Heyl – Kersfees vir die kids

Beste alternatiewe album

  • Laurinda Hofmeyr – Wat ek wou sê
  • Nagligte – Hoop in die donker
  • Spoegwolf – Somer
  • Anton Botha Band – Plek hier in die son
  • Francois van Coke – Francois van Coke
  • Saarkie – Reisiger
  • Stiaan Reynierse – Sonde
  • Wit Kasteel – Wit kasteel

Beste humor-album

  • Andries Vermeulen – Kô lag ʼn bietjie
  • Armand Steenkamp – Ek kan nie dans nie, maar ek kan vry
  • Thys die Bosveldklong – Looks is nie alles nie

Beste instrumentele album

  • Die Kelbers – Tydsaam
  • Hennie de Bruyn en die kitaarkêrels – Weskus snare
  • Klipwerf – Hantam tydloos
  • Rocco de Villiers – Beautiful Beautiful Hymns

Beste musiekvideo

  • Bobby van Jaarsveld – “Beter helfte”
  • Elvis Blue – “Die hemel”
  • Elvis Blue – “Êrens in die middel van nêrens”
  • Karlien van Jaarsveld – “Geskeurde jeans”
  • Nádine – “Tyd”
  • Snotkop – “Hiekies in Hartenbos”

Beste liedjieskrywer

  • Andriëtte/Don Kelly/Adolf Vorster
  • Brendan Peyper/Neil Schoombie
  • Elvis Blue
  • Jak de Priester
  • Juanita du Plessis

Beste vervaardiger

  • Danny Smoke
  • Danny Smoke & Murray Lubbe
  • Dirk van Niekerk
  • Fred den Hartog
  • Juanita du Plessis
  • Murray Lubbe
  • Robin Keilly

Beste regstreekse DVD-opname

  • Die Campbells – Babsfontein Live
  • Karen Zoid en Francois van Coke – Karen Zoid en Francois van Coke: Toe vind ek jou
  • Laurika Rauch en Elvis Blue – Hart en see

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.