Gister en vandag

Gerrie Pretorius

Die gewilde minnesinger met die vibrato in sy stem, Gerrie Pretorius, se rit na roem die afgelope tien jaar is gekenmerk aan werkywer, erkenning – én pret. Hy vier sy mylpaal met die uitreiking van ‘n splinternuwe dubbel-trefferalbum.

Gerrie Pretorius het sy bewonderaars met sy Latynse aantreklikheid, sy smeulende sjarme, aansteeklike terggeesgeaardheid en daardie verleidelike gly en bry in sy stem geterg en genooi met die liedjie Wie ry saam? op sy debuutalbum Met liefde, wat ook die reuse-treffer Annemarie (my skat) opgelewer het.

Sedertdien sluit sy mallemeulerit na welslae roemryke oomblikke in – wat tot in die buiteland strek en hom in Suid-Afrika ‘n ere-lisensiaat (gelyk aan ‘n doktoraal in musiek) van die Akademie vir Ligte Musiek besorg het vir sy werk op sy peperduur 2006-album Swing en die gepaardgaande KKNK-spogvertoning. Daarmee het hy die doemprofete verkeerd bewys en die album het boonop goue status verwerf! Ná agt CD’s, drie DVD’s en verkope wat die 300 000-kerf verbysteek, vier Gerrie sy eerste dekade in die musiekbedryf met ‘n nuwe platekontrak en ‘n splinternuwe dubbelalbum – Gister en Vandag – met 22 snitte.

Gerrie het twaalf van sy grootste treffers – van Annemarie, Adio amore adio en Grootste wens tot Hei jy, Lekkerste lyfie en Sewe sondes – heropgeneem en ‘n 2011-klank geskep. Dan bied hy sy bewonderaars agt splinternuwe liedjies en eiesoortige vertolkings van die tydlose country-gunsteling Room full of roses en die ligte klassieke werk Be mine.
Die album is vol romanse, ‘n skeut humor, ritmegenietinge en mooi ballades, gevul met hoop en goedvoelklanke. Tussen die byblywerk is die geestelike snit Here, seën weer ons land.

Gerrie Pretorius is gereed om die volgende tien jaar met ywer aan te pak en nog talle treffers in te palm en nóg welslae en mylpale te behaal! (Select Musiek)

Speellys

CD 1

  1. Sy glo in my
  2. Dan sê ek weer
  3. Daardie oomblik
  4. Jy’s die blinkste diamant
  5. Room full of roses
  6. Ek vat ‘n bietjie, bietjie langer
  7. Die tye saam met jou
  8. Here, seën weer ons land
  9. Eendag is eendag
  10. Be mine

CD 2

  1. Adio amore adio
  2. Alles pas
  3. Annemarie
  4. Bly by my
  5. Die Stormers song
  6. Grootste wens
  7. Hei jy
  8. Laat my lewe, laat my liefhê
  9. Lekkerste lyfie
  10. Ek wil jou vir altyd
  11. Ruiter van die windjie
  12. Sewe sondes

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.