Goue status vir Afrikaans se nuwe liefling

Refentse (Foto: Facebook via Refentse)

Refentse (Foto: Facebook via Refentse)

Refentse se debuutalbum, My hart bly in ʼn taal, het binne slegs vier maande ná uitreiking goue status behaal. Dié sanger het oornag sukses behaal met sy weergawe van bekende Afrikaanse treffers.

Refentse was byna onmiddellik ʼn treffer nadat ʼn verbyganger hom in 2015 met ʼn selfoon afgeneem het terwyl hy “Lisa se klavier” op straat sit en sing het terwyl hy op sy kitaar tokkel.

Die sanger en sy platemaatskappy, Select Music, het dié goeie nuus Dinsdag bevestig.

Refentse het hom tot Facebook gewend om sy dankbaarheid uit te spreek. “Ek wil dankie sê aan almal wat my album aangeskaf het. Ek wil ook dankie sê aan my home team: my ouers, tannie Kleintjie, en al my vriende vir die hulp. Dankie Pappa Jesus vir die geleentheid om vir U te kan werk,” het hy laat hoor.

Hy het ook voorheen aan Maroela Media vertel hy moet homself kort-kort knyp wanneer hy aan sy wegholsukses dink.

“Ek weet nie regtig wat om daarvan te dink nie – dit alles het so vinnig gebeur. Ek is so dankbaar vir die talent wat ek by ons hemelse Vader gekry het,” het hy vertel.

Hy het bygevoeg die liedjies in sy album is liedjies waarmee veral ondersteuners van Afrikaanse musiek kan assosieer. “Die liedjies in die album is goue oues van kunstenaars soos Koos du Plessis, Laurika Rauch en Chris Blignaut. Die ou skoen pas beter en dis die musiek waarmee ek grootgeword het wat ek graag wil sing.”

Besoek Refentse se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Annelie ·

Hierdie jong man het soveel talent hy verdien al die sukses wat na sy kant toe kom.

Theresa B ·

Baie geluk – Jy verdien dit. Mag jy verdure sukses en hoë hoogtes bereik deur jou sang.
Awesome visie wat hy het……………………………. Baie kan by hom leer.

Andre ·

Dit is goed om te lees dat daar nog jong mense is wat afrikaanse musiek waardeer. Alle voorspoed aan die jongman

NEL ·

Baie geluk seun, jy is rerig ‘n inspirasie om na te luister, ons as gesin geniet dit om jou CD te luister. Tot my seun in Amerika kan nie glo dat Refentse so kan sing nie. Dankie ook aan almal wat hom die geleentheid gee om hom uitelewe. Dankie aan Bok van Blerk, Ricus Nel, Adam Tas en Refentse vir julle lied Hardekool vuur, dit is awsome.

Daan Erasmus ·

Geluk jongman. Die seun kan sing. Wys jou hoe lekker is Afrikaans.

Sonia ·

Hierdie jongman het ‘n pragtige stem en verower die publiek met sy warm persoonlikheid. Hy gaan dit nog baie ver bring in sy musiek loopbaan. Baiie geluk Refense

Wern ·

Baie geluk, ek hoop jy gaan Afrikaanse musiek en jou sangloopbaan nog baie goed doen.

Matilda ·

Refentse sing baie mooi! Het gister sy CD gekooop, en ons sing lekker saam. Hy het ‘n besonderse stem en talent gekry. Hoop ons sien hom by Afrikaans is Groot die jaar.

JC ·

Dis oulik Refentse, jy’s awesome!
By watter handelaars kan mense die CD aanskaf?

chris ·

Die feit dat hy sy talent wat hy gekry het om te kan sing aan die Here se Genade opdra wys dat hy is waar hy is . Baie goeie musiek, moet nou net sy eie liedjies in Afrikaans begin skryf . Hou jou voete op die grond jongman, wees nederig en jy sal ‘n suksesvolle toekoms hê.

Emile ·

Refentse is goud!

Net daarteen waak om soos Theuns te wil klink….

Pieter ·

Refentse,
Ons mis jou by die Jeugkoor!
Mag jou reis vorentoe ‘n blessing wees!

Sam ·

Wat ‘n fantastiese outjie en nou kry ek weer hoop vir hierdie land met sy groot rasse kwessies. Taal, musiek en mens se houding wis alle negatiwiteit en kleur uit. Kleur is nie eers bietjie ‘n kwessie hier nie . Hy word onvoorwaardelik aanvaar as eie volksbesit. Hoe wonderlik!

Koos ·

Laat hy vir Zuma na die verkiesing ñ la la baai baai gaan sing. Ernstig hy het werklik n mooi stem

Marlene ·

Ek kan net sê: Wel gedaan Refentse! Jy is ‘n pragtige jongman met talente. Jou stem en jou voorbeeldige goeie maniere! Wow jy kan maar!

Anoniem ·

Die titel van sy CD se vir ‘n mens alles, sy liefde vir Afrikaans.

Dienks de Hoog ·

Ons is saam met hom trots…. ons taal, ons trots, ongeag kleur of ras. Dankie Refentse.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.