Goue status vir veelsydige sanger en storieverteller

Die Afrikaanse sanger en televisie-aanbieder, Andries Vermeulen, se dubbelalbum getiteld In Afrikaans het goue status bereik.

Goue status in die Afrikaanse musiekbedryf word behaal met 15 000 verkope van die album. “Dié mylpaal bewys Vermeulen het die wenresep om Suid-Afrikaners te laat lag, maar tog ook hul hartsnare met die diepte van sy musiek te roer,” sê Johan Venter, reklamebeampte vir Coleske Artists.

In Afrikaans bied aanhangers ʼn dubbeldosis vermaak met tien liedjies uit die pen van bekende skrywers soos Elvis Blue. Twee duette saam met groot name soos Steve Hofmeyr en Adam Tas is ook ingesluit op dié album. Verder bevat die album 30 stories wat Vermeulen oor die jare versamel het.

Met In Afrikaans leer jy die dieper kant van Vermeulen ken. Hy neem jou soms op ʼn nostalgiese reis saam met hom terwyl jy ook die maagspiere oefen.

Vermeulen is ook bekend as aanbieder van die kykNET-program, OppieStoep. Opnames vir die volgende reeks van dié program begin eersdaags weer en aanhangers kan uitsien na Vermeulen en Pietman Geldenhuys wat weer die beste stories én storievertellers aan jou gaan voorstel.

Die album In Afrikaans is landwyd by musiekhandelaars asook aanlyn beskikbaar.

Wen

Vyf gelukkige lesers kan elkeen ʼn albumpakket, wat In Afrikaans asook sy vorige goue album, Kô lag ʼn bietjie, bevat, wen. Wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Die kompetisie sluit Vrydag 27 Julie.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.