Grammy-toekennings: SA-groep wen 5de toekenning

Bruno Mars (Foto: Facebook)

Die 60ste Grammy-toekennings is Sondagaand by Madison Square Garden in New York uitgedeel.

Dit is die eerste keer sedert 2003 dat dié toekennings, wat die room van die musiekbedryf vereer, buite Los Angeles aangebied word.

Die Amerikaanse sangers Bruno Mars het Sondagaand loshande die septer geswaai nadat hy ses toekennings vir sy album 24K Magic ingeryg het – onder meer vir die meeste gesogte kategorieë waaronder die beste opname van die jaar en album van die jaar.

Die Suid-Afrikaanse musiekgroep Ladysmith Black Mambazo het sy vyfde Grammy gewen vir sy jongste album, Shaka Zulu Revisited: 30th Anniversary Celebration.

Pink saam met haar ma, haar man, Corey Hart, en hulle dogtertjie. (Foto: Evan Agostini/Invision/AP)

Hoewel die toekenningsaand die gewildste musiek van die afgelope jaar gevier het, het politiek ook by dié geleentheid ʼn groot rol gespeel. Die sangeres Kesha het tydens haar optrede verwys na die #MeToo-veldtog – ʼn internasionale veldtog wat bewusmaking vir seksuele teistering bewerkstellig het.

Die kletsrymer Kendrick Lamar, wie se openingsoptrede hom ʼn staande toejuiging besorg het, het ook onder meer vuurwapengeweld en vlugtelingskap aangeraak. Lamar het gesê: “Ek wou net die gehoor herinner: Die enigste ding meer vreesaanjaend as om ʼn swart man eerlik te sien wees in Amerika, is ʼn eerlike swart man in Amerika,” het hy gesê.

“Namens diegene wat veg vir gelykheid in ʼn wêreld waar daar nie gelykheid is nie, sê ek vir julle: Bring vir ons die moeës, die armes en die immigrante wat toevlug soek, want saam kan ons bou aan nie net ʼn beter land nie, maar ʼn wêreld waar ons verenig is.”

Vir ʼn volledige lys wenners, besoek die amptelike Grammy-webwerf.

Hier is ʼn opsomming:

Beste opname van die jaar
“24K Magic” – Bruno Mars

Album van die jaar
24K Magic – Bruno Mars

Beste nuwe kunstenaar
Alessia Cara

Liedjie van die jaar
“That’s What I Like” – Bruno Mars

Beste tradisionele popalbum
Tony Bennett Celebrates 90

Beste rockalbum
A Deeper Understanding – The War On Drugs

Beste R&B-album
24K Magic – Bruno Mars

Beste alternatiewe album
Sleep well beast – The National

Beste popalbum
Divide – Ed Sheeran

Beste elektroniese/dansalbum
3-D The Catalogue – Kraftwerk

Beste kontemporêre album
Prototype – Jeff Lorber Fusion

Beste kletsrym-album
DAMN – Kendrick Lamar

Beste country-album
From A Room: Volume 1 – Chris Stapleton

Best wêreldmusiek-album
Shaka Zulu Revisited: 30th Anniversary Celebration – Ladysmith Black Mambazo

Beste komedie-album
The Age Of Spin & Deep In The Heart Of Texas — Dave Chappelle

Beste gospel-album
Let Them Fall In Love – CeCe Winans

Beste dansliedjie
“Tonite” – LCD Soundstystem

Beste rockliedjie
“Run” – Foo Fighters

Beste R&B-liedjie
“That’s what I like” – Bruno Mars

Beste countryliedjie
“Broken Halos” – Chris Stapleton

Beste pop-solovertoning
“Shape of you” – Ed Sheraan

Beste popgroep-optrede
“Feel it still” – Portugal. The Man

Beste rock-optrede
“You Want It Darker” – Leonard Cohen

Beste R&B-optrede
“That’s what I like” – Bruno Mars

Beste kletsrym-optrede
“HUMBLE” – Kendrick Lamar

Beste solo-countryoptrede
“Either way” – Chris Stapleton

Beste musiekvideo
“Humble” – Kendrick Lamar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.