Groot name trek laer om Fredi

fredi-nest-fb-2.jpg

Fredi Nest. Foto: Facebook.

JONGSTE: Fredi Nest het op 3 Julie 2015 sy stryd teen kanker verloor. Klik hier om meer te lees. Ons innige meegevoel aan sy familie, naasbestaandes, vriende en ondersteuners. – Red

Die bekende sanger en liedjieskrywer, Fredi Nest, is onlangs gediagnoseer met kanker. Soos Maroela Media berig het, ontvang hy tans behandeling.

Top Star Management en McCarthy Volkswagen Arcadia het kragte saamgespan en besluit om ʼn liefdadigheidskonsert ten bate van Fredi te reël. ʼn Hele paar bekende kunstenaars het ingestem om deel te wees hiervan.

“Die reaksie onder die kunstenaars was oorweldigend en dis wonderlik om te sien hoeveel mense in die musiekbedryf hul hart en tyd beskikbaar wou stel vir Fredi om deel te wees van hierdie konsert. Ongelukkig kon ons nie almal betrek nie. ʼn Groot dankie aan elkeen van die kunstenaars en borge wat betrokke is vir jul onbaatsugtige daad om hierdie geleentheid een van die onvergeetlikste konserte in die bedryf te maak,” sê Marnus Bisschoff van Top Star Management.

Kunstenaars wat deel is van die konsert is Kurt Darren, Pieter Smith, Dewald Wasserfall, Altus Theart, Pieter Koen, Jakkie Louw, Dewald Dippenaar en Karen Ferreira.

Die konsert vind plaas op 29 Junie by die Atterbury Teater in Lynnwood Bridge. ’n Kaartjie beloop R150 en is beskikbaar by Computicket. Maak seker jy kry jou kaartjie betyds!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

laetitia ·

Ek dink dit is so fantasties dat al die kunstenaars so inspring en help onvoorwaardelik!! Julle ouens is great! Sal nice wees om so nou en dan n update van Fredi se toestand en vordering te kry

corrie erasmus ·

Dankie aan almal, stuur asb update van fredie, ons dink aan hom

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.