Riaan Benadé neem vandeesweek die no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20 in met sy jongste enkelsnit “Spontaan”.
Dié liedjie het verlede week sy toetrede tot die treffersparade in die 19de plek gemaak en het dus 18 plekke gespring om die topposisie te beklee.
“Spontaan” is die titelsnit van sy debuutalbum wat verlede jaar uitgereik is. Riaan is die seun van Franna Benadé, wat deel was van die bekende sangduo Innes en Franna Benadé van die negentigs.
Kletsrymer Loufi se lied “Baas vannie plaas” het vroeër vandeesmaand sy toetrede tot die Top-20 gemaak in die 16de plek en klim hierdie week na no. 10.
Die bekende TikTok-ster Malcolm Wentzel en sy ewe gewilde huishulp Thembi Ubisi is te sien in die musiekvideo, wat al amper 600 000 kykbeurte op YouTube het.
In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar nege snitte wat styg, nege wat daal en twee wat onveranderd bly.
_j577BoUA
- Riaan Benadé – “Spontaan”
- Elandré – “Dag en nag”
- Bernice West – “Kom binne”
- Riaan Benadé – “Gooi nog ’n whisky”
- Bernice West – “Sonop-blom”
- Demi Lee Moore – “Maak my jou tequila”
- Die Heuwels Fantasties – “Hardloop weg”
- Jay – “Te veel”
- Janie Bay met Danie Reënwolf – “Ek glo nog in jou”
- Loufi – “Baas vannie plaas”
- Fatman – “Vuil Coke”
- Early B met Jack Parow – “Sak Sara”
- Refentse – “Stormnag”
- Verskeie kunstenaars – “Ons sal self”
- Ché met Snotkop – “Ek like hoe jy dans”
- Lianie May & Jay – “Dors”
- Bobby van Jaarsveld & Early B – “Sprokie”
- Rooksein – “Kyk na my hart”
- MD Greyling – “Veg en bou”
- Steve Hofmeyr – “Ek kort”