Grootste platinumtreffers

Die Campbells

Daar is g’n keer aan Die Campbells nie! Ná die welslae van die Keep it Country-toer en die CD-reeks kry Harry en Tony se bewonderaars weer ‘n bederfie: ‘n splinternuwe tweetalige dubbel-album propvol gewilde country- en danstreffers. Met daarby ‘n bonus: vier splinternuwe hieha-treffers!

Suid-Afrika se bekroonde Paartieprinse, Tony & Harry Campbell, doen dit weer: partytjiemusiek sónder brieke en countryklanke mét hartstog! Dié gewilde broers se jongste dubbel-album, Die Grootste Platinumtreffers bevat 36 treffers van hul platinumalbums. Hul bewonderaars kry ook vier splinternuwe snitte in die onmiskenbare Campbells-styl: Haba Haba, Liefie-ding, Terg my perdeby en Countrysokkieboogie.

Die album is ‘n toonvenster van die broers en die Select-liedjieskryfduo, Don Kelly en Marc Brandon, en ander medewerkers se trefferpennevrug deur die jare. Die lirieke is gespat met titsels humor wat dit in goedvoelgenietinge omskep. Daar is vrolikheid, countrynostalgie, boeremusiekgenietinge en styfdanslekkertes. Met hope opkikkerliedjies, ritmemelodieë, stylreg-stemwerk en ‘n uitklopproduksie kry jy Die Campbells op hul beste!

Dit is die enigste partytjie-album wat jy dié somer nodig het! Kry en jol deurnag dagbreek toe! Hieha! (Select Musiek)

Speellys

CD 1

  1. Haba Haba
  2. Bietjie Bietjie Lam
  3. Rooi Rok Bokkie
  4. Burger Dans
  5. Sjoe-Sjoe
  6. Sewe Soene
  7. Liefie-Ding
  8. Bikini
  9. Babbelbek
  10. Hillbilly Rock, Hillbilly Roll
  11. Honderd Jaar
  12. Summer Of ’69
  13. The Gambler
  14. Daar’s Iets Inni Water
  15. Meisie Sonder Sokkies
  16. Country Roads
  17. Mamma Maria
  18. Jaloersbokkie
  19. Hey baby
  20. 60″s Medley: Rock Around The Clock Blue Suede Shoes,Guitar Boogie,Oh Boy

CD 2

  1. Terg My Perdeby
  2. Jy’s Die Girl
  3. Midnight Special
  4. Komaan Kom Dans
  5. As Die Nag Verdwyn
  6. Country Sokkie Boogie
  7. Day O
  8. My Kombi Panelvan
  9. Vat My Vas
  10. Jambalaya
  11. Klein Bietjie Liefde
  12. Perlemoen
  13. You’re My Mate
  14. Is This The Way To Amarillo
  15. Cotton Fields
  16. Bokkie Bekkie Baby
  17. Dis Lekker (Om Hier Te Wees)
  18. Bokkie Ek Lui Jou Klokkie
  19. Sweet Caroline
  20. Hiep-Hiep-Hoera (Lekker Verjaar)

http://youtu.be/0A0hu4B8zBY

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.