Grootste treffers

Fredi Nest

Die SAMA-bekroonde sanger en liedjieskrywer Fredi Nest bied ‘n spogalbum met 40 trefferliedjies wat sy loopbaan as liedjieskrywer en sanger omlyn.

Dit is min musieksterre beskore om met ‘n grootste treffer-album omtrent net eie, oorspronklike nuutskeppings te kan uitreik! Maar ná goue en platinumtoekennings, gesogte musiekpryse en trefferparadewelslae bied Fredi Nest sy aanhangers ‘n album wat sy vaardigheid as volronde kunstenaar blink ten toon stel. Dit is ook die stempel of sy talent om oorspronklike musiek en liriek in Afrikaans en Engels sedert 1995 te skep. Dié album is die toonvenster van 32 van daardie skeppinge.

Die album omlyn sy vernuf as ballade-, sokkie- én countryvertolker – en versamel werk van sy albums Memory Train, Leave a light on, Wie is jy?, Kom na my toe, Sê my, Hey DJ, Kom kry vir jou, Vrystaat Limousine en Dronkverliefverslaafaanjou. Dié samestelling bevat vier splinternuwe liedjies: uitbundigheid op Prinses Delilla, Hey jy ek soek jou en Krummelpap en pure byderwetse country op It’s a lie.

CD1 bevat 20 snitte wat op sy dansvloerstyl fokus: van Sê my, Getoor en Hey DJ tot Net in Afrikaans, Kyk wat maak Afrikaners nou (polka), Vuur hier binne my en Dronkverliefverslaafaanjou. CD2 bevat 20 countrygunstelinge, waarvan twaalf sy eie oorspronklike komposisies is – met van Runaway train, Ocean of tears en Like a satellite tot Laat ons die liefde laat lewe (Met Sarah Theron), Kom na my toe en Vir ewig op ‘n reënboog. Tussen die uitklopvertolkings is sy weergawe van onder meer The part of me that needs you most (nuwe opname), Words, The river en First of May tot Amazed en Annie’s song.

Fredi Nest bied musiek met ‘n gesonde balans tussen kreatiewe eerlikheid versus trefferparade-neigings: in pas met sy aanhangers se behoeftes. Hy sê: “Dankie aan Select-Musiek wat aan my glo as skrywer en kunstenaar en my toelaat om my droom as oorspronklike kunstenaar te kan uitleef. Dankie vir die liefde en ondersteuning van my aanhangers, dankie aan God vir die talente my geleen. Dankie, in alle nederigheid. Daar is steeds ‘n vuur binne my.”

Hier is nóg ‘n album – met goue status gestempel!

Speellys

CD 1

  1. Prinses Delilla
  2. Hey jy ek soek jou
  3. Krummelpap
  4. Hou vas klou vas
  5. Ogies vir my
  6. Dronkverliefverslaafaanjou
  7. Sê my
  8. Getoor
  9. Hey DJ
  10. Bly net naby my
  11. Lola
  12. Hou my vas (as ek wil gaan)
  13. Vuur hier binne my
  14. Meer en meer
  15. Vrystaat Limousine
  16. Kom kry vir jou
  17. Kyk wat maak Afrikaners nou (polka)
  18. Sonder jou
  19. Net in Afrikaans
  20. Pedal op die metal

CD 2

  1. It’s a lie
  2. The part of me that needs you mostWords
  3. Runaway train
  4. Ocean of tears
  5. Like a satelite
  6. Lulu’s eyes
  7. The River
  8. Hold on woman
  9. Amazed
  10. Annie’s song
  11. Another night a lonely
  12. First of May
  13. Brother come home
  14. Only in your arms
  15. Right here waiting
  16. As
  17. Laat ons die liefde laat lewe (Met Sarah Theron)
  18. Kom na my toe
  19. Vir ewig op ’n reënboog

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.