Grootste treffers sover

Nicholis Louw

Hulle noem hom SA se Poprockridder!

Dit is die Ritmegeneraal Nicholis Louw. Hier is sy grootste treffers sover: die gewildheidsvrug van sewe ryp, energieke en opwindende musiekjare!

Niemand kom kort ná die eeuwenteling voorspel Nicholis Louw is bestem om Suid-Afrika se gewildste en bekroonde Poprockridder te word nie! Kort tevore het Suid-Afrika se sokkiesuperster Kurt Darren hom by Clive Bruce se talentsoekrestaurant Zillertal in Pretoria gehoor, sy talent geëien en aan Kosie van Niekerk, Select-Musiek se grootbaas, voorgestel… Die platekkontrak is beklink!

Met sy passie, viriele energie, stylveelsydigheid en spontane talent as liedjieskrywer en vertolker was Nicholis spoedig die geur van die oomblik en gereed om die ster van die toekoms te word. Hy kán immers ook soos gewilde wêreldstingelbêndlatte, gruis-stemsterre en Latynse ritmeprinse klink en hy blink uit in polspop, poprock, hartstogballades en kontemporêre gospel.

Met ritmeplukkende trefferparadeknakkers en stewige middel-mootnuutskeppinge in Afrikaans en Engels bied dié multi-platinumster musiek wat onmiddellik tréf. Sedert sy vernuwende genredebuut saam met Johann du Toit as die duo Cantero het Nicholis met sy sololoopbaan trotse welslae behaal. Met sy albums My hart is aan die brand (2004), Rock daai lyfie (2005), Hier naby jou (2007), Vergeet en Vergewe (2008), Elvis on my mind (2008) en Energie (2009) en die DVD’s Rock daai lyfie live (2006) en Intiem (2008) het hy resen-sente en die beoordelaars van musiektoekennings beïndruk.

Hy spog met ‘n dosyn toekennings: MTN SAMA’s, Huisgenoot Tempo’s, Rapport/Vonk- en IFM-pryse en die MK-toekenning. Hy is bekroon as die beste, die gewildste en die gunsteling: van sanger, album, liedjie en selluitoon van die jaar tot vir DVD- en video-uitmuntendheid. Ons Poprockridder is die Ritmegeneraal met ‘n verkoopsyfer van oor die 650 000 albums!

Kry nou in jou hand ‘n dubbelabum met 38 van dié Supersterre-aftigter se grootste treffers. PLUS twee splinternuwe liedjies: Abra kakabra en Baby baby baby. Saam met Nicholis het sy bewonderaars en aanhangers lyfies gerock, kanse gevat, harte laat brand en monde laat water, tussen lakens gelê en wonder, die herinneringe van emmers vol liefde gedeel – én vergeet en vergewe. Die talle platinumtoekennings en musiekpryse het hom nederig bly anker. Vir sy geliefdes, vriende en kollegas is Nicholis ‘n opkikkermens: saggesproke, mooi gemanierd, ‘n stoute poetsbakker en ‘n omgeemens wat met sy opregte geloof rustigheid bied.

Jy sal dit ook uit dié versamelalbum ervaar. (Select Musiek)

Speellys

CD 1

  1. Abra Kadabra
  2. Baby Baby Baby
  3. Rock Daai lyfie
  4. Net die een vir my
  5. Kom ons vat ‘n kans
  6. Hier naby jou
  7. Vergeet en vergewe
  8. My hart is aan die brand
  9. Ek’s nog hie’
  10. Water jou mond
  11. Voel die energie
  12. Nommer asseblief
  13. Die engel by my
  14. Tussen die lakens dans
  15. Sit die lig aan
  16. Mamma
  17. Net vir my
  18. El Shaddai
  19. Jesus gaan verjaar

CD 2

  1. Generaal
  2. Welkom By My Party
  3. Emmers Vol Liefde
  4. Dis Net Ek En Jy
  5. To All The Girls I’Ve Loved Before – Ray Dylan
  6. Ek Klop Aan Jou Hart
  7. Lekker Girl
  8. Ek Onthou
  9. Bly By My
  10. Net Hier
  11. Hoe Ver Sal Jy Gaan
  12. Think About You
  13. Ek Wil He Jy Moet Bly
  14. Se My (Doen Dit Vir My)
  15. Ek Wonder
  16. Baby Jy Is Myne
  17. Jy’s my alles
  18. Kom Le Vanaand Hie’ Langs My
  19. Tribute To Elvis Medley
  20. Just For You

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.