Grootste treffers

Radio Kalahari Orkes

Radio Kalahari Orkes het hulself as gunstelinge in die SA musieklandskap gevestig met ‘n reeks treffer
(o.a. “Kaptein Kaptein” , “Staan my By”) en topverkoper albums (“Opgestook” en “Heuningland”). Die groep tree gereeld op en met gewilde akteur en TV-persoonlikheid Ian Roberts as voorsanger, en bekende skrywer Rian Malan as mede-liedjieskrywer, is dit geen wonder dat hulle met dawerende applous ontvang word nie.

“RKO Grootste Treffers” word uitgereik op groot publieke aanvraag en beloof om hoogs gewild te wees. Die CD bevat meeste van die liedjies op die klankbaan van ‘Die Geheim van Slangfontein’, wat ook op DVD vrygestel sal word. Vir meer oor die DVD “Die geheim van Slangfontein” klik hier. (Rhythm Records)

Speellys

  1. Kaptein
  2. Jolie Marie
  3. Duiwel van Wyk
  4. Renaissance
  5. Transboer
  6. Skeeloog Daisy
  7. Reën
  8. Kwagga
  9. Elvis
  10. Die Held
  11. Heuningland
  12. Blaas jou Vuvuzela
  13. Blink Ster
  14. Staan By My

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.