Haai, kyk! ‘Baby Shark’ YouTube se gewildste nóg

‘n Skermgreep uit die video.

Die video van “Baby Shark”, die oorwurmdeuntjie wat deur die Suid-Koreaanse opvoedkundige maatskappy Pinkfong opgeneem en uitgereik is, het pas YouTube se gewildste video nóg geword.

Die liedjie het bykans 7,05 miljard trefslae en verbeter die rekord wat voorheen deur die Latynse popsanger Luis Fonsi en Daddy Yankee se 2017-treffer “Despacito” opgestel is.

Sou al die stromings op YouTube van “Baby Shark” herhaaldelik na mekaar gespeel word, sal dit beteken dat dit vir 30 187 jaar ononderbroke gespeel kon word.

Pinkfong het glo sowat $5,2 miljoen (sowat R40 miljoen) slegs uit die YouTube-stroming van dié liedjie verdien.

Dit het vier jaar geneem vir “Baby Shark” om YouTube se gewildste video te word, maar die liedjie is eintlik veel ouer as dit.

“Baby Shark” het oënskynlik sy oorsprong in die 1970’s op Amerikaanse somerkampe gehad. Een teorie is dat dit in 1975 gekomponeer is toe Steven Spielberg se fliek Jaws ʼn lokettreffer geword het.

Daar is verskeie variasies van die liedjie, asook internasionale weergawes, insluitend die Franse “Bebe Requin” en die Duitse “Kleiner Hai” (“Klein haai”) wat in 2007 ʼn kleinskaalse treffer in Europa geword het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wielspore ·

Ons kleinseun van 18 maande is mal oor Baby Shark van Pink Fong, die liedjie is ook in my brein vas geskroef. Dit is nogal opvoedkundig, vriende van ons se seun gee klas vir kleuters in China en hulle gebruik ook die Pink Fong reeks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.