Hartklopfees: Dié fees het hart


hartklopfees

Foto: Verskaf

Vanjaar, op 15 April, vier die Hartklopfees sy derde verjaardag. Hoewel die fees nog maar in sy kinderskoene is, het dit geen tekort aan hart nie. Met bekendes soos Steve Hofmeyr, Bok van Blerk en Adam wat optree, is hierdie fees besig om een van dié feeste in Pretoria te word.

Wat hierdie fees so spesiaal maak, is dat dit ten bate van die President Kruger Kinderhuis is wat tans 126 kinders huisves. Retha van der Merwe, fondswerwer, sê hulle het drie jaar gelede besluit om dié fees te hou omdat nuusbriewe net nie meer “die ding kon doen nie”. “Omdat ons ʼn kleiner kinderhuis is, was dit moeilik om geld in te samel.” Retha sê die kinders het ook gehelp met die reël van dié fees en dat hulle selfs die naam ook gekies het.

Al die geld wat ingesamel word, gaan vir die daaglikse behoeftes om die kinders van die President Kruger Kinderhuis te onderhou. “Ons is baie oop en eerlik oor wat ons met die geld doen.” Salarisse, instandhouding, mediese uitgawes en die aankoop van kos word alles met die opbrengs van die Hartklopfees betaal. Retha sê ʼn groot deel van die geld gaan ook aan buitemuurse aktiwiteite om die kinders elke moontlike kans te gee. “As daar ʼn kind is wat uitblink in byvoorbeeld rugby, dan betaal ons vir alles wat hy nodig het.”

Die Hartklopfees word weer by NG gemeente Moreleta se ouditorium gehou en Retha sê hulle is so dankbaar dat dié lokaal aan hulle beskikbaar gestel is. “Dit is die wonderlikste lokaal – daar is net nie ʼn slegte sitplek nie.”

Kaartjies is by Itickets te koop teen R150 per persoon. Besoek gerus President Kruger Kinderhuis se Facebook-blad of webwerf vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gesiggie ·

Die naam van die fees Hartklop.. gaan so mooi gepaard met dit wat jul met die fondse verrig” my hartklop ook sommer vinniger, met die wete jul sien om na die behoeftige kindertjies…en jul doen dit vir n baie goeie doel… mag elke mens se hart klop en hul , hul beursies oopmaak by die fees.. want die mense verdien net die beste”’ Strekte aan almal van jul wat betrokke is, mag Hartklop wees n baie goeie Fees wees, terwille van die Kindertjies by Prisident Kinderhuis..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.