Helene Fischer reik gewilde album ʼn tweede keer uit

Helene Fischer is een van die suksesvolste popsterre in Europa en dit is daarom nie vreemd dat sy reeds met ʼn dubbelalbum kan spog wat 32 van haar beste en gewildste liedjies bevat nie.

Inteendeel, sy het pas ʼn splinternuwe en herverwerkte weergawe van die einste album, Best of Helene Fischer, uitgereik, juis omdat die aanvraag na haar musiek net aanhou groei. “Ek is geseënd met ʼn suksesvolle Europese loopbaan en sien uit om my musiek met verskeie nuwe gehore te deel, waarvan Suid-Afrika een is,” sê Fischer oor die geleentheid om dié album nou ook aan die Suid-Afrikaanse publiek bekend te stel. Dié album is nou op Suid-Afrikaanse musiekrakke beskikbaar wees.

Die album, wat reeds ʼn hele paar jaar gelede vrygestel is, sluit meer as twee ure van die sangeres se grootste treffers in, omdat sy glo dat net die beste goed genoeg is vir haar aanhangers. Snitte soos “Von hier bis unendlich (From Here to Infinity)”, “Hundert Prozent (Hundred Percent)” en “Atemlos durch die Nacht (Breathless Through The Night)” maak almal deel van die speellys uit.

Die jongste album spog ook met ʼn elegante nuwe boekie-omslag, met goue drukwerk en al die lirieke van die musiek wat op dié spesiale versamelstuk verskyn.

Fischer, wat van Duitse en Russiese herkoms is, word beskou as een van Europa se suksesvolste vermaaklikheidsterre, met 112 platinum- en meer as 50 goue toekennings agter haar naam. Die ster het bekendheid verwerf as die schlager-koningin en het begin naam maak nadat haar eerste ateljee-album in 2006 die lig gesien het.

Sedertdien het sy verskeie treffers in Duitsland, Oostenryk en Switserland opgelewer, totdat Farbenspiel in 2013 een van die suksesvolste albums in Duitse geskiedenis geword het en gelei het tot nog hoogtepunte in haar loopbaan.

The best of Helene Fischer is beskikbaar in uitgesoekte musiekwinkels en op alle digitale platforms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Carla ·

Sy is beslis groot hier in Duitsland. Atemloos was en is nog een van die gewildste liedtjies by die Oktoberfees. Suid Afrikaners sal die liedtjie in Afrikaans as Asemloos deur Andriette Norman ken

Carla ·

skies ek het n foutjie gemaak dit is Liezel Pieters wat asemloos sing en nie Andriette Norman nie

Jef ·

Ek het al die cd en dvd van Helene Fischer, mooi stem n mooi vrou en n goeie persoonlikheid was al twee keer by n live optrede van haar

Tony ·

Ek is mal oor haar musiek. Sy sing ook in Russies. Meeste van haar stunds en danse doen sy self.
Sy en Andrea Berg is my gunstelinge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.