Helmut Lotti is terug met ʼn splinternuwe CD!

Die David Gresham-platemaatskappy stel met trots die wêreldbekende Belgiese tenoor, sanger en liedjieskrywer Helmut Lotti se nuutste album Soul Classics In Symphony vry.

Soul Classics In Symphony beklemtoon die romantiese intensiteit van Helmut Lotti se stem. “Dit is hoe mense die meeste geniet om my te hoor en te sien optree,” meen die sjarmante Lotti.

Lotti het sy internasionale deurbraak gemaak in 1995 met Helmut Lotti Goes Classic. Sedertdien het hy al meer as 13 miljoen albums verkoop waarvan baie goue- en platinumstatus bereik het.

Soul Classics In Symphony is ʼn kontemporêre album met ʼn verskeidenheid klassieke treffers in een. En soos mens kan verwag, laat Lotti nie homself toe om enige beperkings vir homself te stel nie. Hy verras die gehoor deur liedjies aan te pak soos Prince se “Purple Rain” en “My Girl” bekend gemaak deur The Temptations.

Mens sal kan vereenselwig met Soul Classics In Symphony en die kenmerkende Helmut Lotti-klank. Hierdie liefdesliedjies pas maklik in by sy ander musikale reise en Helmut Lotti beklemtoon weereens sy liefde vir musiek.

Helmut Lotti se Soul Classics In Symphony is nou landswyd beskikbaar by alle toonaangewende musiekhandelaars. Lotti gaan ook op 21 Maart by die Sun Arena Times Square in Pretoria optree. Kaartjies is nou beskikbaar by Computicket.

Jy kan na die volgende liedjies op Soul Classics In Symphony uitsien:

  1. My girl
  2. Wonderful world
  3. Bring it on home
  4. If you don’t know me by now
  5. So you win again
  6. No more wasted years
  7. If I could turn back the hands of time
  8. Easy
  9. Down the aisle together
  10. I’d rather go blind
  11. What becomes of the brokenhearted?
  12. A beautiful life
  13. Hallelujah I just love her so
  14. Purple Rain

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.