Help só dat hongersnood onder kleuters afneem

Stophonger_kunstenaars.jpg

Van die sangers wat die verhoog gaan deel tydens Afrikaans is Groot (foto: Helpende Hand)

Elke aand is daar duisende kleuters wat honger gaan slaap. Hulle ouers kan net eenvoudig nie bekostig om vir hulle kos te voorsien nie.

Daar is tans meer as 8 000 kleuters wat deel is van Solidariteit Helpende Hand se voedingsprojek. Dit is net soveel kinders as ’n volgepakte gehoor by ’n Afrikaans is Groot-konsert in die Sun Arena by Time Square in Pretoria. Om te verseker dat hierdie kleuters genoeg voedsel ontvang, moet Helpende Hand bykans 1,5 miljoen etes ’n jaar voorsien. Dit is egter nie genoeg om aan die behoefte te voldoen nie en daar is vanjaar aansoeke ontvang om daagliks 12 000 kleuters te voed.

Helpende Hand en die organiseerders van Afrikaans is Groot (AiG) het daarom kragte saamgesnoer om die #StopHonger-veldtog van stapel te stuur en die publiek bewus te maak van hongersnood onder ons land se Afrikaanssprekende kleuters. Helpende Hand is vanjaar vir die tweede agtereenvolgende jaar AiG se gemeenskapsvennoot en as amptelike liefdadigheidbegunstigde gekies en AiG se kunstenaars wil bewusmaking skep oor hierdie projek.

Die #StopHonger-projek is daarop gemik om te sorg dat duisende kleuters daagliks ’n bord gesonde kos inkry. Die projek fokus daarop om kleuterskole, waar behoeftige kleuters skoolgaan, te ondersteun met koopbewyse om kos aan te koop.

Bekende sangers wat reeds hulle stemme gevoeg het tot die projek is Patrizio Buanne, die Italiaanse superster, en die jong Amira Willighagen van Holland. Hulle poog saam met die plaaslike talent van Touch of Class, sowel as Tarryn Lamb, Monique Steyn, Corlea, Dewald Wasserfall, Jay, Steve Hofmeyr, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Demi Lee Moore, Ivan Roux en Laurika Rauch om honger te stop.

Duisende mense het verlede jaar die #StopHonger-plegbelofte onderteken en hulle name by die  #StopHonger-veldtog gevoeg. Dit is werklik fantasties om te sien hoe die gemeenskap saam staan om ons kleuters, wat honger ly, te voed. Dit is nou die Kersseisoen, ons kinders mag nie honger lei nie!

Voeg jou stem ook by die stemme van die AiG-kunstenaars en word deel van ’n gemeenskap wat elke dag ’n verskil maak. Onderteken die #Stophonger-plegbelofte by www.stophonger.co.za of stuur ‘n SMS met die woord STOP na 38546 en ondersteun die #Stophonger-projek (elke SMS kos R10).

Riaan Benadé het beeldmateriaal vir Helpende Hand se temalied gaan verfilm by een van die kleuterskole wat by #StopHonger baat:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.