Heuwels Fantasties betree die Top-20

Die Heuwels Fantasties.

Robbie Wessels se “Legendes” maak die week sy toetrede tot die Maroela Media Afrikaanse Top-20.

Baie van die rugbytema-liedjies het die afgelope week goed gevaar te danke aan die Wêreldbeker-rugbytoernooi in Japan.

Die Heuwels Fantasties het die afgelope week ’n nuwe enkelsnit bekendgestel, “Jy stel my teleur”. Die lied betree die week se Top-20 op nommer 18. “Jy stel my teleur” is die eerste enkelsnit vanaf `n vollengte album wat eersdaags uitgereik word.

Ricus Nel en Snotkop bly vir die tweede week weer bankvas op nommer een.

In vandeesweek se Maroela Media Afrikaanse Top-20 is daar sewe snitte wat styg, ses wat daal en vyf wat onveranderd bly.

  1. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  2. Elandré – “Die woorde uit jou mond”
  3. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  4. Bok van Blerk – “Was”
  5. Elandré – “Tussen die lakens”
  6. John James – “Ek is meer werd”
  7. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  8. Janie Bay – “Amper daar”
  9. Christia Visser – “17 Shots”
  10. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  11. Biggy – “Dames”
  12. Willem Botha – “Een shot”
  13. Leah – “Kyk na my”
  14. Elvis Blue & Theuns Jordaan – “Jou huis”
  15. Jo Black – “Bitter”
  16. Tashé – “Die een”
  17. Karen Zoid – “Donker nag”
  18. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  19. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  20. Robbie Wessels – “Legendes”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

susan ·

Enigste ordentlike sang groep. Snotkop 1 ste wys jou hoe min kennis van goeie musiek ons land het.

NIMLE ·

“Exactly”, Susan!! …. ek is seker die probleem, maar vind dat daar bitter min goeie musiek deesdae. (in alle tale)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.