‘Hie’ kommie Bokke’ weer ná 20 jaar

leon-schuster

Leon Schuster. Foto: Leonschuster.com

In 1995 het die Springbok-rugbyspan die land in vervoering gehad toe hulle die Wêreldbeker ná ʼn spannende eindstryd teen Nieu-Seeland op Ellispark gewen het.

Een van die belangrikste redes vir die Springbokke se sukses was Leon Schuster se album, Hie’ kommie Bokke, wat kort voor die begin van die toernooi uitgereik is en waarvan daar omtrent ʼn kwartmiljoen eksemplare verkoop is.

Terwyl vanjaar se Wêreldbeker-toernooi aan die gang is, is hierdie album opnuut uitgereik nadat daar twyfel bestaan het oor die beskikbaarheid van die oorspronklike bandopnames. Vonk Musiek het die regte vir die uitreiking van dié album bekom en die hele album is digitaal herverpak vir ʼn nuwe luisterervaring.

Die heruitreiking het gekom nadat Leon in ʼn onderhoud met Rapport in September sy misnoeë te kenne gegee het met die feit dat baie van sy intellektuele eiendom verlore geraak het. Skaars ʼn week later is daar genoem dat Hie’ kommie Bokke weer opgespoor is en moontlik weer uitgereik sou kon word. ʼn Paar dae later het Vonk Musiek bekendgemaak dat ʼn ooreenkoms met Roy Bulkin se familie bereik is om die album weer uit te reik.

Roy het in die 1970’s en 1980’s ʼn aantal treffers op Springbok Radio se Top 20 gehad, en die oorspronklike uitreiking van Hie’ kommie Bokke was sy idee. Hy is in 1996 aan kanker oorlede. Roy het saam met Dan Hill, Kevin Kruger en Irving Schlosberg aan die album gewerk.

Volgens Kobie Koen van Vonk Musiek sal die album nie noodwendig weer dieselfde verkoopsyfers haal as met die oorspronklike uitreiking nie. “Hoewel dit in 1995 ʼn mylpaal was, kan die mark vandag nie soveel CD’s kan absorbeer nie. Dit is egter nie waaroor dit gaan nie; die groot dryfkrag agter die heruitreiking is die emosionele waarde van die musiek, asook die feit dat dit 20 jaar sedert die oorspronklike uitreiking is”, sê Koen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GPC ·

Ek glo die bokke sal die knoop deurhak. Al die negatiwiteit rondom die ouderdomme dink ek gaan ons nog baie help. Engeland het uitgeval omdat daar nie “ou” manne was wat net bietjie perspektief kon gegee het met hul wedstryd teen Wallis nie. En as jy na WB wenners kyk, het daai spanne almal lekker ou manne wat gehelp het.

Johann Marx ·

Selle ou CD. Selle ou spelers….hopelik die selle ou resultate!!

Shannon ·

Goed om te sien ou Leon maak darem nog so ou Randjie of twee uit laas nag se leftovers. Ek sou gedink het hy sou dalk die musiek nou aangepas het om die nuwe non-rassistiese Utopia te reflekteer – nes met sy ander low budget chop chop slap stick.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.