Hier is die 2015 Ghoema-nominasies

Die Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings vind vanjaar op 24 Maart by die Pretoria Staatsteater plaas. Foto: Facebook

Die Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings vind vanjaar op 24 Maart by die Pretoria Staatsteater plaas. Foto: Facebook

Die nominasies vir die Ghoema Afrikaanse-musiektoekennings vir hierdie jaar is bekend gemaak.

Bobby van Jaarsveld het vier nominasies ontvang vir onder meer album van die jaar en manlike kunstenaar van die jaar. Adam Tas is in drie kategorieë benoem wat genoemde twee kategorieë insluit.

Laurika Rauch is ook in drie kategorieë benoem vir haar album Wals Wals Willemien vir album van die jaar, vroulike kunstenaar van die jaar en beste kontemporêre album deur ʼn vroulike kunstenaar. Die musiekgroep Die Heuwels Fantasties het ook benoemings in drie kategorieë gekry vir hulle album Ja.Nee.Lekker.

Soos gewoonlik word daar nie net by die spoggeleentheid pryse uitgedeel nie, maar die gehoor kan ook uitsien na optredes deur kunstenaars soos Riana Nel, ADAM, Nicholis Louw en Elvis Blue. Die alombekende Belgiese sanger Dana Winner sal ook die aand as eregas optree met haar nuwe treffer Lied van Hoop.

Kaartjies vir dié geleentheid wat op 24 Maart by die Pretoria Staatsteater plaasvind is by Computicket vanaf 16 Maart beskikbaar.

2015 Ghoema-benoemings

Album van die jaar:

  • Want jy is die boer – Adam Tas
  • Maak ʼn wens – Bobby van Jaarsveld
  • Nooit oud raak nie – EDEN
  • Nee.Lekker – Die Heuwels Fantasties
  • Wals Wals Willemien – Laurika Rauch
  • Die regte tyd – Riana Nel

Manlike kunstenaar van die jaar:

  • Adam Tas
  • Bobby van Jaarsveld
  • Dewald Wasserfall
  • Kurt Darren
  • Robbie Wessels
  • Snotkop

Vroulike kunstenaar van die jaar

  • Elizma Theron
  • Laurika Rauch
  • Lianie May
  • Nádine
  • Riana Nel

Groep van die jaar:

  • ADAM
  • CH2 Guitar Duo
  • EDEN
  • Die Campbells
  • Die Heuwels Fantasties
  • Die Penkoppe
  • NRG

Beste liedjie van die Jaar

  • Sal oorlog vir jou maak (opgeneem deur ADAM) – Hugo Ludik, Joe Foster, Johan C Venter
  • So eensaam soos die son (opgeneem deur Dewald Wasserfall) – Dewald Wasserfall
  • My Alles (opgeneem deur Bobby van Jaarsveld) – Johan Oberholzer
  • Dirty Dancing (opgeneem deur EDEN) – Johan Vorster, Christoph Kotze, Ewald Coleske
  • Roulette (opgeneem deur NRG) – Niel Schoombie, Adolf Vorster, Vaughn Gardiner

Nuweling van die jaar:

  • Francois Louw
  • Jan Rhaap
  • Lukas de Beer
  • Sharoney
  • Vegas

Beste pop-album deur ʼn manlike kunstenaar

  • Maak ʼn wens – Bobby van Jaarsveld
  • Grootste treffers – Heinz Winckler
  • Lied vir die vrou – Kurt Darren
  • So rock ons die wêreld reg – Nicholis Louw
  • Soos ʼn boss – Snotkop

Beste pop-album deur ʼn vroulike kunstenaar:

  • Stilte en storms – Elizma Theron
  • Naweeklyfie – Lianie May
  • Skildery – Nádine
  • In ons fairytale – Sharoney
  • Die regte tyd – Riana Nel

Beste kontemporêre album deur ʼn manlike kunstenaar:

  • Want jy is die boer – Adam Tas
  • #EkenJy – Dewald Wasserfall
  • Hande vol genade – Dozi
  • Als wat ek het – Robbie Wessels
  • Toeka 3 – Steve Hofmeyr

Beste kontemporêre album deur ʼn vroulike kunstenaar:

  • Wals wals Willemien – Laurika Rauch
  • ʼn Beige Ford Cortina – Marlise Scheepers
  • Dit staan in die sterre – Rinel Day

Beste album deur ʼn duo of groep (pop/kontemporêr):

  • Goud – ADAM
  • Posduif – Chris Chameleon en Daniella Deysel
  • Fanta and Cola – Die Campbells
  • Nooit oud raak nie – EDEN
  • Roulette – NRG

Beste geestelike album:

  • Ruk my tot stilstand – Adam Barnard
  • Stuur my – Dewald Gouws
  • Duis:Lig 2 – Hennie Maritz & KrissTel
  • Kook vir die Koning 2014 – Louis Brittz
  • Manne wat glo – Manne wat glo

Beste kinderalbum of –DVD :

  • Buster die brak – almal het ʼn gawe (CD) – Hanna Grobler en Hendri Myburgh
  • Buster die brak – almal het ʼn gawe (DVD) – Hanna Grobler en Hendri Myburgh
  • Myne! Myne! Myne! (CD) – Jak de Priester
  • Myne! Myne! Myne! (DVD) – Jak de Priester
  • Lollos 6 – Lallaland – Lollos

MK-toekenning vir beste alternatiewe album:

  • Nee.Lekker – Die Heuwels Fantasties
  • Ek was my hande – Francois Louw
  • Op pad – Gert Koevert
  • Beste tyd van jou lewe – Vegas

Beste boeremusiek-album:

  • Lekker man lekker – Die Penkoppe
  • Boer Oempa – Die Teelepeltjies
  • Skoffel in die skuur – Hennie de Bruyn en die kitaarkêrels
  • Vaalrivier se Opskop Snare – Kannie Warries Dansorkes
  • Kosie Beukes kielie die krismiswurm – Kosie Beukes

Beste humoristiese album:

  • Hier kom die braai – Kaptein Skuim
  • 40 Treffers – Rooies
  • Popster – Wicus van der Merwe

Beste instrumentale album:

  • Soos in die ou dae – CH2 Guitar Duo
  • Tekkies – Rag 2 – Johan van Rensburg
  • Countrykeys – Rocco de Villiers
  • Klassiek – Panfluit en kitaarduette – Ryan Walt en Deon van der Merwe
  • Romanties– Panfluit en kitaarduette – Ryan Walt en Deon van der Merwe

Beste musiekvideo:

  • Naweeklyfie – Lianie May en Jay
  • Roadtrip – Kaleidoskoop
  • Dans op die tafels – Kurt Darren
  • Bring die storm – Nicholis Louw
  • Sit die ligte aan – Steve Hofmeyr

Beste liedjieskrywer:

  • Christoph Kotze
  • Dewald Wasserfall
  • Johan Oberholzer
  • Riana Nel
  • Robbie Wessels

Beste vervaardiger:

  • Dirk van Niekerk
  • Fred den Hartog
  • Juan “Floors” Oosthuizen
  • Murray Lubbe
  • Paulo Azevedo

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.