Hier is die gewildste liedjies van 2019

Snotkop en Ricus sing “Boerepompie” (Foto: Verskaf)

Die jaar 2019 was weereens baie suksesvol wat die Afrikaanse musiekbedryf betref.

Vanjaar het ons geleer wat ʼn boerepompie is, ons het nuwe genres verken met Biggy se “Dames” en Elandré het ons gewys hoe om water aan die brand te dans!

Ricus Nel en Snotkop se “Boerepompie” is die gewildste liedjie van die jaar. Die musiekvideo vir dié liedjie is al meer as 4 miljoen keer op YouTube gekyk.

Biggy is kort op “Boerepompie” se hakke en daarna maak Jo Black, Riana Nel en Elandré die top-vyf vol.

Snotkop, Riana Nel, Jo Black, Elandré, Spoegwolf, Tasché, Refentse en Biggy is almal meer as een keer op hierdie lys.

Hier is die 40 beste liedjies van die jaar:

  1. Ricus Nel met Snotkop – “Boerepompie”
  2. Biggy – “Dames”
  3. Jo Black – “Voel jy die genade”
  4. Riana Nel – “Hou die hemel oop”
  5. Elandré – “Vuur op die water”
  6. Christia Visser – “17 Shots”
  7. Bobby van Jaarsveld & Demi Lee Moore  – “Ek weet al lankal”
  8. Bok van Blerk – “Was”
  9. Early B met Jack Parow & Justin Vega – “Potte”
  10. Kurt Darren – “Klein Saterdag”
  11. Janie Bay – “Amper daar”
  12. Tarryn Lamb – “Geheueverlies”
  13. Spoegwolf – “Lenie Blou II”
  14. Snotkop – “Pens & pootjies”
  15. Juan Boucher – “Want jy weet”
  16. Corlea – “Onbreekbaar”
  17. Francois van Coke & Tashé – “Vier seisoene kind”
  18. Jo Black – “Bitter”
  19. Elvis Blue met Theuns Jordaan – “Jou huis”
  20. Ruhan du Toit – “As jy dink jy weet”
  21. Die Heuwels Fantasties – “Jy stel my teleur”
  22. Refentse – “What a boytjie”
  23. Jan Jan Jan – “Wys jou vleis”
  24. Posduif – “Laat val die water”
  25. Jan Bloukaas met Early B & Biggy – “Dans”
  26. Tashcé – “Die een”
  27. Elandré – “Tussen die lakens”
  28. Straatligkinders – “Krake”
  29. Joshua na die Reën – “Soos in nou”
  30. Ivan Roux – “Daai ding”
  31. Spoegwolf – “Blou”
  32. JohnJames – “Ek is meer werd”
  33. Robbie Wessels & Appel – “Staan saam”
  34. Brendan Peyper – “Jy laat dit maklik lyk”
  35. Stella – “Skree”
  36. Manie Jackson – “Donker hart”
  37. Karen Zoid – “Donker nag”
  38. Refentse – “Baie gevaarlik”
  39. Willem Botha – “Een shot”
  40. Riana Nel – “Sterker”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.