Hier’s my hart

Karlien Husselman

Karlien Husselman het geen bekendstelling nodig nie. Die sangsensasie het Suid-Afrika ‘n paar jaar gelede onder hulle voete uitgeslaan met haar debuut album, Niemand nog soos jy, wat binne ‘n paar weke goue status bereik het. Karlien is veral bekend vir haar energieke manier van “perform” en die feit dat die meisie kan jodel is beslis ‘n bonus. Nou is Karlien Husselman terug met haar nuutste CD, Hier’s my hart. Karlien verras met 5 snitte uit haar eie pen en ander snitte uit die pen van Piet van Wyk de Vries en die Tempo Liedjieskryf wenner, Christoff Kotze. Karlien ken beslis haar gehoor en elke snit op hierdie album sal Karlien aanhangers opnuut weer Karlien Husselman aanhangers maak. Haar vermoeë om die voete te laat juk en die kniee op en af te wip is uniek en sy maak mens sommer lus om die naaste dansmaat te gryp en oor die dansbaan te stuur!

Die produksie is hanteer deur Ian Vos en bekende musikante soos Ricus Nel, Vinnie Henrico, Jasper van Rensburg en Deon van der Merwe het saam met Karlien op die album gewerk. Met, Hier’s my hart, bewys Karlien Husselman net weereens hoekom sy so gewild is en hoekom die aanhangers by feeste tou staan om haar CD deel te maak van hulle versameling. (Leo Musiek)

Speellys

  1. Hier’s my hart
  2. Niks kan ons meer stop nie
  3. Black and Blue
  4. Drome van jou
  5. When will I be loved
  6. Kom ons dans
  7. Somer-son partytjie
  8. The way I love you
  9. Sing van liefde
  10. Not alone
  11. Someone like me
  12. Opskop
  13. Boney M – Keurspel
    -Rivers of Babylon
    -Boat on the river
    -Going back west
  14. Finding a good man
  15. Olke bolke
  16. Remedy
  17. To love you more
  18. Carolientjie soek ‘n man (Remix 2010)
  19. Niemand nog soos jy (Remix 2010)
  20. Sing jou hart van liefde (Remix 2010)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.